|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 81% |
| Wind: |
’n Onkruiddoder wat onkruid selfs ná opkoms op alle mielielande kan bestry, is pas in Suid-Afrika goedgekeur en beskikbaar.
BASF, ’n multinasionale chemiese maatskappy, het die nuwe middel by Kievitskroon in Pretoria bekend gestel. Topramezone is die aktiewe bestanddeel in twee van BASF se produkte, naamlik Campus (reg.nr. L8521) en Stellar (reg.nr. L8522).
Mnr. Hylton Oliver, portfoliobestuurder van BASF se onkruiddoder-afdeling, sê dié middel kan met 16 soorte grasonkruid en 27 soorte breëblaaronkruid afreken. Boere kan die produk kies wat die beste by hul behoeftes pas.
Oliver sê boere sal met dié produk ’n meer holistiese benadering tot onkruidbestryding kan inneem. Topramezone is ’n bleikende onkruiddoder wat ’n wyer spektrum grasonkruid kan bestry as produkte wat tans op die mark is, sê Oliver.
Die middel is op onder meer erdwurms en forelle getoets en daar is bevind dat dit nie gevaar vir die ekologie inhou nie, sê hy.
Lees ook:
Verkeerde onkruiddoders saai verwoesting
25 Oktober 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Sal hierdie onkruiddoder ook help vir kweek gras wat in die lande groei. Ek bly in mpumalanga in Kinross. Kan julle my laat weet. Ek gaan soja's plant
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)