|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 81% |
| Wind: |
Net 27% van die olyfolie op Suid-Afrikaanse winkelrakke voldoen aan die internasionale olyfbedryf se standaarde.
Mnr. Andries Rabie, voorsitter van SA Olive, sê dié organisasie het monsters van 30 verskillende olyfolies (ses plaaslik en 24 ingevoer) in Australië laat toets. Die resultate was skokkend.
“Ons doen drie toetse: ’n Chemiese ontleding, organoleptiese toetse en ’n toets vir varsheid om vermenging met verwerkte olies te bepaal. Sleg 27% van die olies het die drie toetse geslaag. ” Ses van die olies was met bedrieglike middels (soos verwerkte of gegeurde olies) gemeng.
“Net 20% van die ingevoerde olyfolies wat onder ’n ekstra suiwer-etiket gebottel was, was in der waarheid ekstra suiwer. Altesame 85% van die Suid-Afrikaanse olie was wel ekstra suiwer.”
Die studie is soortgelyk aan studies wat onlangs in Australië en Amerika gedoen is. In Amerika is bevind 70% van die olyfolies is nie ekstra suiwer nie − anders as wat op die etikette beweer word.
Hoewel SA Olive gehoop het die toetse sal plaaslike verbruikers se oë oor goedkoop invoer laat oopgaan, het hulle nie verwag dat Suid-Afrikaanse olies só sleg daar sal uitsien nie. “Hierdie olies was almal ekstra suiwer tydens bottelering, maar oksidasie kon tydens swak opbergingspraktyke plaasvind of die vervaldatum het verstryk. Dit is nie ’n fundamentele probleem nie, maar wys dat produsente beter stelsels moet kry om te verseker dat olies altyd topgehalte op die winkelrakke is.”
SA Olive is reeds met dié produsente in gesprek om risiko’s uit te wys. Volgens Rabie is swak, ingevoerde olyfolie een van die grootste probleme vir die plaaslike bedryf. Die plaaslike bedryf voorsien net in sowat 25% van Suid-Afrika se vraag.
Talle van die olies wat verwerkers en winkelgroepe van oorsee af koop, word egter met verwerkte olies gemeng en teen lae pryse aangebied. Rabie sê die aanvaarde prys vir die laagste graad olyfolie is R35 tot R40 per liter, terwyl oorsese verkopers R18 tot R20 per liter aanvaar.
9 Februarie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)