Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Onwettige invoer strem rooivleis

 
Rooivleis. Foto: NEVILLE LOCKHART
Rooivleis. Foto: NEVILLE LOCKHART

Beeste, skape en vleis wat onwettig ingevoer word, is steeds ’n groot probleem vir die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf. Die agteruitgang van navorsing en dieregesondheidsdienste is ook ’n bron van kommer.

Mnr. Hendrik Botha, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) en van die Wolkwekersvereniging (NWKV) in KwaZulu-Natal, het in sy voorsittersverslag op ’n reeks van drie gesamentlike vergaderings in Utrecht, Winterton en Swartberg gesê dié knelpunte kry deurgaans aandag. Daar is goeie samewerking met Agri Inspec wat alle onwettige invoer dophou.

Veediefstal is die provinsie se grootste probleem en dit benadeel veeboerdery. Hoë  produksiekoste plaas die bedryf verder onder druk. Botha sê die bedryf se toekoms lyk goed en beter vleispryse die afgelope paar jaar het boere in staat gestel om ondanks die swak ekonomie te oorleef.

Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 12 Februarie 2010.

8 Februarie 2010

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.