|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 81% |
| Wind: |
‘n Landbou-ooreenkoms en aksieplan is Dinsdag (26 Oktober) onderteken tussen Suid-Afrika se Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en sy eweknie in die Chinese Volksrepubliek.
Luidens ‘n verklaring volg dié stap na ‘n bilaterale gesprek tussen dr. Pieter Mulder, adjunk-minister van Landbou, Bosbou en Visserye, en mnr. Wei Chaoan, senior adjunk-minister van die Chinese landboudepartement.
Me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het in Augustus in Beijing samesprekings met minister Han Changfu, haar ampsgenoot, gehou. Daarna is ‘n komitee deur die twee lande aangestel wat die plan opgestel het.
Akwakultuur-projekte
Die plan fokus op samewerking tussen die twee lande rakende akwakultuur, asook die vestiging van akwakultuurprojekte in Suid-Afrika.
“Dit maak ook voorsiening vir die opbou van sekere skaars vaardighede in Suid-Afrika deur dit moontlik te maak vir Suid-Afrikaanse studente om onderwerpe soos akwakultuur in China nagraads en tot op doktorale vlak te studeer,” lui die verklaring.
Verskillende landbouseisoene
Suid-Afrika en China val in verskillende halfrondtes, derhalwe verskil die landbouseisoene in die twee lande.
Dít veroorsaak dat die lande, wat die beskikbaarheid van sekere landbouprodukte aanbetref, aanvullend en nie mededingend tot mekaar is nie. Tydens die gesprek tussen die twee adjunk-ministers is dit as ‘n moontlike voorkeur vir toekomstige onderhandelinge en ooreenkomste uitgelig.
27 Oktober 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)