Die skade wat Slangbos aanrig gaan vasgestel word deur ‘n opname wat landswyd deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye aan boere uitgereik is.
Slangbos is ‘n inheemse indringerplant wat ‘n ernstige bedreiging vir groot gebiede van grasland- en savanna-biome in Suid-Afrika is.
Mnr. Jack Armour, hulpbronbewaarder van Vrystaat Landbou, sê as Slangbos oorneem, kan die grond nie meer vir weiding gebruik word nie.
“Slangbos is besig om groot gedeeltes grond in die Vrystaat, Noordwes en die Oos-Kaap oor te neem.”
Armour sê die hopelike uitkoms is om eers vas te stel watter ekonomiese verlies deur Slangbos veroorsaak is en dan geld vanaf die Staat te kry vir die bestryding daarvan.
Voltooide vorms, in aanhangsel hieronder, moet gestuur word na die projekleier, mnr. Paul Avenant.
Dit kan per faks na 012 329 5938 gestuur word of e-pos na paulA@daff.gov.za.
Dit kan ook na enige streekskantoor van AgriSA gestuur word of die naaste Farmers’ Union- of LandCare-beampte.
Vir verdere inligting oor die projek, kontak Avenant by 012 319 7549.
Kliek op die pdf om die vorm in te vul.
31 Augustus 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)