|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 81% |
| Wind: |
Omdat talle vuurwapeneienaars sukkel om hul wapens te herregistreer, het die tydskrif SA Hunter/Jagter besluit om ‘n aanlyn-opname te doen om vas te stel hoe groot die omvang van dié probleem is.
Mnr. André van Dyk, redakteur van dié tydskrif, waarin Media24 ‘n aandeel van 50% het, sê: “Ons weet dat duisende mense sukkel om hul bestaande vuurwapenlisensies te hernu. Nét so is daar mense wat sukkel om nuwe lisensies te bekom. Ons weet egter nie hoe groot die probleem werklik is nie. Al manier waarop ons dit kan vasstel is om hierdie inligting te registreer.
“SA Hunter/Jagter is van plan om die SA Polisiediens met hierdie inligting te nader om iets aan die situasie te doen.
“Ons is oortuig daarvan dat hierdie inligting die SAPD ook sal kan help om die presiese omvang van die probleem te besef."
Sal nie persoonlike inligting bekend maak nie
“Ons gee aan gebruikers wat die opname invul, die onderneming dat ons geen persoonlike inligting bekend sal maak nie, maar slegs totale getalle en algemene inligting. Soos gebruikers sal sien, vra ons ook byvoorbeeld nie die huisadres van die deelnemers nie om veiligheidsredes.”
Dit is baie maklik om die opname te voltooi deur dit aanlyn te doen: (Die opname is op 30 September gesluit. - Red.)
Alle vuurwapeneienaars, wat reeds langer as ses maande vir hul lisensies wag (nuut of herregistrasie) word genooi om so gou moontlik hierdie opname in te vul, dit neem slegs 10 minute van jou tyd.
Hierdie gerief sal tot die einde van September beskikbaar wees, maar ons so gou as moontlik die inligting versamel, sê Van Dyk.
14 Julie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ja, dit is jammer dat die meeste van die publiek nie weet dat dit nie die polisie beampte op stasie vlak se skuld is nie maar dat hulle al die vrae moet antwoord en almal se geskel moet hanteer. Daar is op soveel stasies 'n personeel tekort en om een applikant se aansoek van die begin tot en met die einde klaar te maak met die onderhoude by ongeveer 'n uur en 'n half vat. Dan moet daar ook geen navrae of enige telefoon oproepe wees nie. Almal is moeg vir die nuwe stelsel maar neem net die mense in ag wat daarmee werk dat hulle nie die wet geskryf het nie.
Die opname het op 30 September gesluit. - red. landbou.com
Onmoontlik om oor te vertel wat se chaos hierdie stelsel in is. Praat al by so 5 geleenthede met Direkteur Bothma self jy weet. Sy naam moes eerder Jaco promises gewees het. Blaam vir hierdie patetiese hantering van lisensie aansoeke plaas ek kant en klaar op sy skouers. Onlangs praat ek weer met sy kantoor. Inligting blyk nou te verskil van vorige mededelings. Ek kan egter nie met Bothma praat nie, glo te besig maar ene Sers Buys probeer help. Ek verduidelik van my hijack, poging tot roof en amper weer n hijack. Vertel die Buys kerel mos vir my dat vingerafdrukke vir vuurwapen lisensies nie voorrang geniet nie. Daar is glo ander belangriker sake wat voorkeur kry. So die moral of the story is dat die polisie eerder sien dat jy geroof, hijack of vermoor word omdat ander sake by vingerafdrukke prioriteit geniet. Ek is siek hiervan, siek vir n stelsel wat netso van kanada oorgeneem is ten spyte dat dit klaaglik aldaar misluk het. Die koste vir die belastingbetaler word op enkele miljarde gereken en nog steeds ploeter SAPS onbeskaamd en ongestoord voort. N Blerrie skande om die minste te se. Terloops ons aansoeke is Okt 2007 ingedien, behoorlik versorg en volledig.
Ja ja maar luister gou die storie! Ek was nou die dag by Formalito om na n nuwe geweer te gaan kyk om te koop, of sal ek liewer se om oor te droom....... die verkoopsman het aan ons die soetsappigheid te vertelle gehad: n tydjie gelede stap n man in Formalito in en kyk na gewere. Hy besluit toe op n maak en kaliber en doen die nodige betaling. Hy vul die papiere ter aansoek van n nuwe vuurwapen in, maar neem die vorms saam met hom. n Dag of wat later stap hy baie rustig by Formalito in en eis sy wapen op. Die verkoopsman deel hom toe mee dat hy eers sy lisensie moet kry voor hy die wapen kan kry. Daarop haal hy die lisensie kaart uit sy sak en neem sy nuwe geweer saam hom huis toe!!!!!!! Die antwoord op die storie is dit: Die betrokke klient is n polisie man wat die stelsel kon manipuleer om aan hom sy lisensie in 2 dae kon uitreik. Wat vat dan drie jaar en langer? Ek vra maar net.
Ja, so sit hulle om tafels en dink aan alle planne moontlik. In werklikheid is dit n gesleep van een kant na n ander. Die rowers, diewe, ens, is vry om te loop met gewere ens. Ek en jy wat die wet gehoorsaam moet nog steeds deur al hierdie keurings gaan. Hierdie was n dwase manier om mense te dwing om hul vuurwapens in te handig en dan aansoek te doen vir n sertifikaat. Teen die tyd wat jy aansoek gedoen het en dalk die sertifikaat gekry het is jou vuurwapen in een van die polisie se pelle se hande of in hul huise. Hoeveel vuurwapens is net nie weg nie? 7000/ 9000? Ek wonder maar net.
Registreer eers maar eens die wapens wat in die townships en by die politiemens en tuis lê. Dan pas voel ek vry om dalk my wapen te registreer. Teen die tyd dat my IP adres gevolg is, is my wapen al 'n klomp roes.
So deurmekaar het ek nog nie gesien nie, ek het een wapen se lisensie gekry, en een nie, dit het oor 'n tydperk van drie en 'n half jaar gestrek, ek het opgegee, sterkte aan almal, moet seblief nie moet opgee nie.
ek het 4 jaar gewag voor ek my goed gekry het, die SAPD weet nie wat aangaan nie, ek dink die hele ding is n gemors, die polisie weet nie eers dat hulle self moet gaan om die wapen wat hulle dra sonder enige papiere of lisensie kan hulle nie dra nie maar wil wit en swart ryk of arm se wapen weg vat. nou waar is die mens nou verkeerd as die regering self nie reg is nie
Waaroor is jy bekommerd as die Polisie reeds jou inligting het? Vir wie moet jy die bangste wees: Die Polisie of SA Hunter/Jagter? SA Hunter/Jagter sê mos dat die inligting wat iemand in die opname invul, as uiters vertroulik gehanteer word.
Het al eksamen in Julie 2009 gedoen. Kluis is inspekteer en goedgekeur. Wag nog steeds vir n lisensie. Nog nie n woord gehoor dit bly in proses. Te Kraaifontein gedoen. J Visser
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)