Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Bedryfsnuus / Pasop-vir-nog-gewasse

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:81%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Pasop vir nog gewasse

 
Deur CHARL VAN ROOYEN

Graanboere moenie halsoorkop van een gewas na 'n ander oorskakel voordat hulle hulself nie deeglik van die alternatiewe gewas se marksituasie vergewis het nie.

Een só 'n mark wat homself reeds op die randjie van 'n krisis bevind, is die aartappelbedryf. "Ons wil en kan nie aan boere voorskryf wat hulle moet en nie moet plant nie. Ons probeer ook nie ons bedryf aan eie bors koester nie, maar dit is 'n realiteit dat die aartappelmark versadig is," sê dr. Niël Theron, hoof uitvoerende beampte van Aartappels Suid-Afrika (ASA).

Die werklikhede is:
Diversifisering kan nie sonder 'n deeglike ontleding van die beoogde nuwe gewas se mark gepaardgaan nie.
B'n Deurtastende ondersoek na die produksiekoste van die alternatiewe gewas moet enige besluit voorafgaan.
BDie aartappelbedryf is onder druk en bevind hom in 'n versadigde mark. Dus kan oorproduksie, soos nou met mielies, maklik ontstaan met gepaardgaande lae pryse en verliese vir alle aartappelboere.

Heelwat graanboere plant aartappels en van hulle oorweeg dit om weens die mieliekrisis meer aartappels te verbou. Daar is moontlik ook nuwe toetreders tot die mark. Albei hierdie groepe boere moet deeglik besin voordat hulle tot die aartappelbedryf toetree of hul produksie uitbrei.

"Ek het nie die reg om te sê boere 'mag nie' aartappels plant nie, maar dit is my plig om hulle op die huidige marksituasie te wys, wat ná aan 'n krisis is," sê Theron.

Die bedryf se gemiddelde oordragvoorraad is ongeveer 'n halfmiljoen sakkies aartappels per dag. Sodra die aanbod styg en die oordragvoorraad neem toe, daal pryse op die varsproduktemarkte dadelik skerp.

Die aartappelbedryf (die boere self, nie die ASA nie) doen nie markmanipulasie of voorraadbestuur nie, maar bestuur die bemarking van aartappels. Die ASA verskaf daagliks inligting oor pryse en markvoorrade aan boere sodat hulle hul aanplantings en bemarkingskeuse daarvolgens kan uitoefen.

Die verskillende produksiestreke probeer om nou saam te werk. Hulle neem byvoorbeeld vakansiedae en naweke in aanmerking en koördineer die uithaal en bemarking van hul aartappels deeglik om 'n ooraanbod op markte so ver moontlik te vermy.

Dit is tot voordeel van verbruikers, want die stelsel voorkom dat voorrade weens 'n ooraanbod lank op die markvloer bly lê en dat die gehalte verswak. Die verbruiker het gevolglik altyd toegang tot vars aartappels. Danksy markgerigte produksie en bemarking voorsien die boer aartappels van 'n goeie gehalte aan die verbruiker en hy word dienooreenkomstig vergoed.

Gereelde interstreek-vergaderings word deur die ASA gereël sodat boere en markagente van verskillende produksiestreke met mekaar kan gesels en 'n bemarkingstrategie bepaal. Elke streek het sy eie spitstyd van produksie en die ASA probeer om sover moontlik die tempo van bemarking vanuit die verskillende streke te bepaal en te koördineer.

Theron sê feitlik alle landboukommoditeite ondervind druk soos die graanbedryf. Boere en hul organisasies maak dus planne om die krisis te bowe te kom. Raadgewers doen aanbevelings, maar ongelukkig bied van dieplanne nie oplossings op kort termyn nie.

Die landbousektor se skuldverhouding is tans 26 %, vergeleke met 24,5 % in 2002 en 25 % in 2003. Die huidige krisis in die graanbedryf en kosteknyptang waarin ander bedrywe hulle bevind, kan die landbouskuld verder laat toeneem.

Dit noop boere om alternatiewe gewasse te oorweeg om hul afhanklikheid van veral mielies te verlaag. Talle raadgewers plaas die klem met diversifisering op kontantgewasse en weiding. "Die aanbeveling vir kontantgewasse is baie riskant en boere moet deeglik besin oor die grootte van die mark en die aanbod wat reeds bestaan voordat hulle na 'n kontantgewas oorskakel," sê hy.

Die aartappelbedryf is 'n goeie voorbeeld van 'n bedryf wat geen verdere uitbreiding kan bekostig of nuwe toetreders kan huisves sonder groot probleme nie. Dit is veel sinvoller dat die graanbedryf kleiner aanplantings aanbeveel en dat dit deur die finansiële instellings onderskryf word.

Aartappelpryse laagste in drie jaar
Aartappels behaal vanjaar nie naastenby die pryse wat die bedryf in 2003 gerealiseer het nie. Pryse is sedert die tweede helfte van 2004 onder groot druk, hoofsaaklik weens 'n groter aanbod.

Dr. Niël Theron, hoof uitvoerende beampte van Aartappels Suid-Afrika (ASA), sê 10,6 miljoen méér sakkies aartappels van 10 kg is in 2004 mark toe gestuur as in 2003. Weens die groter aanbod was die gemiddelde prys per sakkie in 2004 laer as in 2003, naamlik R4,25 (-22 %) minder vir alle klasse en R4,38 minder vir klas 1 medium (-20 %).

Vanjaar was die markte in die eerste kwartaal weer oorvoorsien en die aanbod was 2,18 miljoen sakkies meer as in die eerste drie maande verlede jaar. Vanjaar se pryse is ook laer as in 2004, naamlik R4,71 minder vir alle klasse (23,1 % laer) en R4,72 minder vir klas 1 medium (20,5 % minder).

As die laaste drie maande van 2004 egter met die eerste drie maande van 2005 vergelyk word, is die pryse ietwat hoër, naamlik R0,15 meer vir alle klasse (+0,74 %) en R1,56 hoër vir klas 1 medium (+6,7 %). Die rede is dat boere 2,35 miljoen sakkies meer gedurende die laaste drie maande van 2004 bemark het as in die eerste drie maande vanjaar.

Wat is die verwagtinge vir die res van die 2005-produksiejaar? Theron sê vir die tydperk van 1 Januarie tot 30 September kan boere met betreklike sekerheid verwag dat 68,5 miljoen sakkies aartappels op die varsproduktemarkte sal beland.

Tot 27 Mei is bykans 35,7 miljoen sakkies (sowat 2,8 miljoen sakkies meer as gedurende die ooreenstemmende tydperk in 2004) teen gemiddeld 1,7 miljoen sakkies per week bemark. Die gemiddelde prys per sakkie van 10 kg was R14,99 vir alle klasse (-23,5 %) en R17,50 vir klas 1 medium (-21,4 %). Dit laat ongeveer 32,8 miljoen sakkies oorbly wat nog tot einde September teen gemiddeld 1,82 miljoen per week bemark moet word. Dit is min of meer dieselfde hoeveelheid sakkies as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar toe die pryse R12,20 vir alle klasse en R14,62 vir klas 1 medium was. Dus moet die markte baie oordeelkundig voorsien word.

"Oor die laaste kwartaal van 2005 kan net gespekuleer word omdat die aanplantings nog jonk is," sê Theron. Volgens vroeë aanduidings kan die 2005-oes egter sowat 3,4 miljoen sakkies groter as in 2004 wees ondanks effens kleiner aanplantings. Die belangrikste redes vir die groter verwagte oes is 'n geraamde hoër opbrengs danksy gunstige klimaatstoestande in die Wes-Vrystaat, Noord-Kaap en Limpopo en groter aanplantings van kultivars met 'n hoër opbrengspotensiaal.

Aartappels van 'n hoë gehalte haal egter steeds hoë pryse, al is markte voldoende voorsien. Goeie aartappels is altyd gewild en mense is bereid om meer geld daarvoor te betaal. Hy is egter bekommerd dat die laer pryse nie in dieselfde verhouding aan die boer deurgegee word nie.

Kleinhandelpryse is meesal 20 % hoër as die markpryse. "Daar kan dus gespekuleer word of dieselfde markkragte wat op die varsproduktemarkte geld, ook in die kleinhandel van toepassing is."

Hy meen die verbruik van aartappels kan gestimuleer word as die kleinhandel meer van die prysvoordele aan die verbruiker deurgee. Aartappels in die laer klasse (klasse 2 en 3) op die varsproduktemarkte benadeel prysvorming beslis. Boere behoort dit dus ernstig te oorweeg om nie hierdie klasse te bemark as die markte genoeg voorraad het nie.

'n Verdere bron van kommer in die aartappelbedryf is die groot volumes verwerkte aartappels wat tans ondanks die lae plaaslike pryse ingevoer word. Die wisselkoers speel 'n besliste rol, maar is nie die enigste rede vir die huidige invoer nie.

In opdrag van die ASA het Agri Inspec 'n risiko-ontleding op die invoer van aartappels en aartappelprodukte uitgevoer. Die ASA is met die samewerking van ander betrokkenes besig om verdere optredes en aksies te ondersoek en in te stel om die speelveld gelyk te kry.

15 Julie 2005

0
 
 
  • 1678 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • LNR 'bestee publiek se geld'
  • Lang pad l
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction