|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 81% |
| Wind: |
Die tema van vanjaar se Agri Megaweek, Voedselsekerheid in Aksie, dui op die daadwerklike, praktiese stappe wat gedoen kan word om voedselsekerheid in Suid-Afrika ’n werklikheid te maak.
Dié ekspo vind plaas vanaf Woensdag 15 September tot Vrydag 17 September op Agri Megapark in Bredasdorp. Die tema word deurlopend in die bedrywighede op Agri Megaweek 2010 bespreek en poog om sodoende hierdie en ander brandende vraagstukke in die landbou na die tafel te bring.
Gebeure op die Agri Megaweek se program sal die besprekingsvloer oopstel vir belanghebbendes in die landbou. Die bedrywighede sluit onder meer ’n kanola-, suiwel- en graan-werksessie in, asook ’n sterk program met die fokus op die opkomende landbou en plaaswerkers.
’n Ander benadering tot voedselsekerheid, naamlik bio-diversiteit, sal ook tydens ’n inligtingsessie bespreek word. Verder is die nou reeds bekende bedrywighede, soos demonstrasies, uitstallings en skoleprogram, daarop gemik om op ’n praktiese wyse die kleingraan-, vee- en melkbedryf toe te rus om voedselsekerheid te verseker.
Navrae: Tel. 028 424 2890 of 021 863 0397 of besoek www.agrimega.co.za.
5 Augustus 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)