Proe Veritas-wenners landwyd

 
Veritas-toekennings. Foto: VERSKAF
Veritas-toekennings. Foto: VERSKAF

Verskeie landswye proeë gaan dit nou vir die publiek moontlik maak om ‘n mondvol sterbelaaide Veritas-wennerwyne asook brandewyne te kry.

Veritas vier vanjaar twee dekades as die mees vooraanstaande kompetisie vir kwaliteit markklaar wyne. Brandewyn is ter viering van hierdie mylpaal by dié kompetisie gevoeg. Suid-Afrikaanse brandewyne se internasionale seges in die afgelope tyd herbevestig plaaslike standaard- en potketelbrandewyne se status as van die beste ter wêreld. 

Wyn- en brandewyn-entoesiaste kan nou reeds bespreek vir proe-sessies van die 2010 Veritas dubbelgoud en goud wenners.   In Kaapstad vind hierdie geleentheid plaas op Dinsdag 19 Oktober by die Southern Sun Cape Sun-hotel en in Johannesburg op Dinsdag 26 Oktober by die Sandton Konferensiesentrum.  Durbaniete sal hulle beurt op 4 November kry by die Deloitte hoofkantoor in Umhlanga.  Besoekers sal ook bederf word met ‘n keur van die 2010 Qualité-kaaswenners.

In Port Elizabeth kan belangstellendes uitsien na ‘n wynproe by die Squires Legendary Grill in die Boardwalk-kompleks op 16 November. In Knysna word ‘n kos- en ‘n wynervaring by Kilzers Kitchen op 17 en 18 November aangebied. 

Kaartjies vir die proeë in Kaapstad, Johannesburg en Durban is vanaf 1 September by Computicket beskikbaar, terwyl Port Elizabeth en Knysna se besprekings by die onderskeie organiseerders gedoen word. 

Vir verdere inligting oor kaartjiepryse en tye besoek www.veritas.co.za.

2 September 2010

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.