Kakkerlakke is sekerlik die gevaarlikste van die huishoudelike peste. Hulle kan tot op 33 verskilllende tipes bakterieë, ses tipies parasitiese wurms en ten minste sewe tipes menslike patogene versprei.
Hul mis en werp vel gee aanleiding tot allergeen-ophoping wat op sy beurt aanleiding gee tot asma aanvalle, veral in kinders. Kakkerlak-allergene is verantwoordelik vir verskeie allergiese reaksies in mense en die proteïn, Tropomyosin, word as die asmatiese sneller geïdentifiseer.
Minstens 4 000 kakkerlak-spesies kom wêreldwyd voor, waaronder die Amerikaanse, Duitse, Asiatiese en Oosterse kakkerlak, die bekendstes is. Hierdie kakkerlakke is hoofsaaklik nagwesens en is sku vir lig, behalwe die Oosterse kakkerlak, wat weer tot lig aangetrokke is.
Die Amerikaanse kakkerlak is die grootste en kan in huise aangetref word, hulle floreer in warm, donker en klam areas aangesien hulle verkies om naby water te leef. Hulle word dikwels in rioolpype en kelders, wat na aan pype en dreine geleë is, gevind. Hierdie kakkerlak vreet enigiets waarop hy afkom, insluitende plante en ander klein insekte.
Vreet tandepasta en boeke
Die Duitse kakkerlak kom regoor die wêreld voor, hulle kan tot op 100-200 dae leef en is aangetrokke tot soet en meelerige kos en ook nie-organiese items soos tandepasta en boeke!
Die Oosterse kakkerlak kry hul benaming vanaf die handelskepe, maar het hul oorsprong in Afrika. Hulle word as die vuilste van al die kakkerlakke beskou, omdat hulle vullis en ander organiese material vreet.
Gebruik die volgende wenke om jou huis en kinders teen kakkerlakke te beskerm en sodoende die allergene wat hulle saambring:
Stofsuig matte gereeld om die opbou van allergene te verhoed.
Hou vullis in ’n digte houer met deksel en verwyder vullis gereeld.
Maak seker dat alle krake en gate in pype goed verseël is, aangesien hierdie die maklikste roete tot binne die huis is.
Indien jy wel tekens van kakkerlakbesmetting vind, is dit beter om ’n professionele pesbeheerbeampte te kontak om die terrein te inspekteer en die probleem te behandel om te verhoed dat siektes versprei.
Besoek www.rentokil.com om jou plaaslike Rentokil-beampte te vind.
8 Februarie 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)