Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Bedryfsnuus / Sa-se-kampioen-jongwyn-gesoek

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:81%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

SA se kampioen-jongwyn gesoek

 
Deur JAN BEZUIDENHOUT

Die beste wyne van die 2009-oesjaar sal mekaar die stryd aansê op vanjaar se SA Jongwynskou waar die spreekwoordelike koring van die kaf geskei en die land se top jongwyne aangewys word.

Inskrywings vir die kompetisie sluit op 24 Junie by die onderskeie streekswynskouverenigings en op 13 Julie by die SA Nasionale Wynskouvereniging (SANW) - moet dus nie uitstel nie! Jongwyne ding mee in 17 klasse.

Die kategorieë vir witwyn sluit in Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Sémillon, Ander Wit Kultivars, Droë Wit Versnitte, Effe Droë Witwyne en Edellaatoes. In die kategorieë vir rooiwyne word trofeë toegeken vir die beste Pinotage, Shiraz, Cabernet Sauvignon, Merlot, Ander Rooi Kultivars en Droë Rooi Versnitte. Ook die seisoen se voorste Port, Dessertwyn en Muskadel staan in lyn om geproe en waardig bevind te word vir die eretitel as 2009 se beste.

Een van die hoogste eerbewyse wat 'n wyn kan ontvang, is sekerlik die genl. Smuts-trofee wat toegeken word aan die algehele kampioen jongwyn vir 2009. Voorts word die Pietman Hugo-trofee deur die bedryf beskou as die mees konsekwente aanwyser van veelsydige vaardighede - hierdie gesogte prys gaan aan die wynmakery met die hoogste puntetotaal vir vyf verskillende wyne.

'n Gedugte span gekwalifiseerde wynbeoordelaars sal in spesialis-panele die onderskeie wyne vanaf 27 tot 31 Julie by die Nederburg-veilingkompleks op die proef stel. Die wenwyne word op 20 Augustus tydens 'n toekenningsmiddagete, aangebied deur die Worcester- en Breedekloof-wynstreke, by Goudini Spa bekend gemaak.

Die SA Jongwynskou-katalogus en inskrywingsvorm is beskikbaar by www.youngwineshow.co.za of by die SA Nasionale Wynskouvereniging se kantoor. Kontak Elsabé Ferreira vir meer inligting by tel (021) 807 3104, faks (021) 863 2079 of per e-pos na patricia@veritas.co.za.

11 Junie 2009

0
 
 
  • 2416 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Tanniene se rol in herkouervoeding
  • Waterregte in gedrang
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction