|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 81% |
| Wind: |
Skokkende foto’s van die verval van ‘n eens spogplaas naby Komatipoort, doen die rondte in e-pos-boodskappe.
Hennie van Deventer, ‘n voormalige koerantredakteur in die Media24-stal, skryf op sy blog hieroor, waar hy ook twee van die voor- en na-foto’s gepubliseer het.
Die res van die foto’s is op die gespreksforum geplaas en ons publiseer dit in ons fotogalery. Die plaas is drie jaar gelede aan die Regering verkoop. Dit is onbekend wie die fotograaf was.
12 Oktober 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lees die berig op Beeld se webwerf, waar vermeld word dat die voormalige eienaar van dié plaas mnr. Phillipus Badenhorst is, en dat hy ontken dat die plaas in verval is:
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Mislukte-grondeis-is-pure-snert-20...
Beste Johan,
Stuur asb. jou e-pos adres na janbez@landbou.com
Groete
Hi Jan Bezuidenhout,
My naam is Johan en ek is tans werksaam by die Laevelder in Nelspruit. Hierdie storie is van belangstelling vir my omdat dit in ons onmiddelike omgewing is en ek sal baie graag kontak besonderhede van Meneer Louw wil kry asseblief. Enige besonderhede sal help, kontak nommer of e-pos sal werk. Baie dankie
wat kan mens verwag n skande dus mos nie hul wat die plaas van die grond af op gebou het nie ek kan my indink hoe die vorige eienaars voel al die harde werk vir niks
Dis baie sleg vir my as jongmens met 'n passie vir boerdery om die plase so te sien verval, om te dink dit is aan 'n persoon of instansie gegee en gese gaan voort. Maar ek as jong afrikaanse man moet my alie af werk in die buiteland om net dit wat ek van hou te kan doen. Om my begin te kan bewerkstellig. En hier word spogplase uitgegegee. Waar laat dit ons as nuwe jongboere? En die regering wil he ons jongboere moet nie die land verlaat nie.. Laat ek nou eers wee bietjie dink....mmmmmmm....
Mens moet bietjie probeer agterkom hoe die Chinese die staat druk om grond eise weer oop te stel. Die probleem kom nie net met kosproduksie wat sal val tot alles ingevoer moet word nie, maar met enige minerale ontginning wat moontlik daaruit kan kom.
Waarheen kan ek ons eens spog familie plaas se fotos heen stuur nadat dit aan die regering oorhandig is in desember 2007. Die grond op die foto was besit deur die Badenhorst familie en die plaas naam is Elsjan.
ja dit is tragies om die woonhuis so vervalle te sien. Wat van meer waarde is,is hoe lyk die boorde of landerye - die werklike produktiewe deel van die plaas. Die skure, pakhuise en implemente?
SKOKKEND!!!!!!
Is daar nie erens 'n kans dat ons positiewe dinge kan plaas nie. As daar net heeltyd negatiewe goed geplaas word dan lees ek liewers die Farmer's weekly....
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)