Spoorweë kry hupstoot

 
Spoorvervoer. Foto: THEUNS BOTHA
Spoorvervoer. Foto: THEUNS BOTHA

Die Regering het erken dat hy die spoor byster geraak het met sy onderbesteding aan die land se paaie. Hy gaan nou indringend kyk om swaar gelaaide vragmotors van die pad te kry deur meer in spoorvervoer te belê.

Hoewel die padowerhede by is met die herstelwerk aan nasionale paaie, bewillig die Regering nie genoeg geld sodat slaggate herstel kan word nie. Mnr. Jeremy Cronin, Adjunkminister van Vervoer, beskuldig swaar gelaaide vragmotors vir die slegte toestand waarin die land se paaie is. Dit is vragte wat eerder met treine vervoer moet word, sê hy.

Lees ook:

Agri SA: Spoorvervoer moet uitbrei

Besteding nie genoeg
Vanjaar word R18 miljard in paaie belê en R23 miljard oor ’n paar jaar in die verbetering van die Gautengse hoofweë. Maar dit is steeds nie genoeg nie.

Die Regering begin ook nou die historiese onderbesteding in onder meer die spoornetwerk voel. Transnet sal in die volgende vyf jaar sowat R93,4 miljard in die land se hawens, spoorweë en pyplyninfrastruktuur belê en só die logistiek van vragvervoer verbeter, sê Ndebele.

Altesame 172 nuwe lokomotiewe sal as deel van Transnet se vragvervoerafdeling se vervangingsprogram in die volgende twee jaar beskikbaar  gestel word.

Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 12 Maart 2010.

5 Maart 2010

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.