Hoewel die resessie ook ’n uitwerking op die wolmark gehad het, veral in Europa, het die lewendige Chinese ekonomie in ’n groot mate tot die bedryf se redding gekom. Tog veroorsaak dié vinnig groeiende mark effense onsekerheid, sê mnr. Guillau du Toit, voorsitter van die Noord-Kaapse tak van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV).
Hy het in sy openingsrede op die tak se jaarvergadering op Victoria-Wes gesê hoewel hy dankbaar is dat die Chinese wolaankope tot sowat 55% van die plaaslike skeersel geklim het, is hy ietwat besorg oor die implikasies daarvan. ’n Paar jaar gelede het die Chinese summier opgehou om Suid-Afrikaanse wol te koop nadat bek-en-klouseer in buurlande uitgebreek het.
Destyds het China sowat 18% van die Suid-Afrikaanse skeersel gekoop. “Dink watter implikasies dit in die huidige situasie vir die plaaslike wolbedryf sou inhou as iets soortgelyks (soos die uitbreking) nou sou plaasvind.”
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 5 Maart 2010.
Lees ook:
SA se woluitvoer na China blom (2006)
SA wol se heil is in Europa (2007)
Te veel SA wol na China ongesond (2008)
Woluitvoer na China op rekordvlak (2009)
2 Maart 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)