|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 81% |
| Wind: |
‘n Boervrou wat ‘n siek ram veearts toe geneem het, het geweier om die dier vas te hou nadat die vroulike veearts dit versoek het. ‘n Debat het op die gespreksforum gevolg.
Boervrou skryf:
Ek vat gistermiddag (‘n Sondag) 'n ram met moontlike Hartwater na ons plaaslike veeartse toe. Daar kom toe so 'n kleine vroulike bloedjong veearts na die bakkie om die ram te behandel. Sy sê toe dat ek asb. by die ram moet inklim en die ram moet vashou sodat sy hom kan ondersoek en behandel en inspuitings gee. My mond het oopgehang. Ek, op my ouderdom, moet 'n ram van 120/130kg vashou. Spring hy my om en spring uit die bakkie breek ons dalk altwee nekke of bene. Ek sê toe jammer maar sy moet 'n helper gaan kry en sy wip haar en loop.
Ná 'n halfuur kom die ander veearts met 'n helper wat die ram kon vashou. Hy is toe redelik ongeduldig en sê dat ons boere moet asb. oor naweke ons eie werkers saambring om siek diere vas te hou.
My punt is dat oor naweke is die konsultasiefooi dubbel so duur. Is dit nie 'n diens wat 'n veearts lewer waarvoor ons boere betaal, en is dit nie hulle plig om te sorg dat 'n helper beskikbaar is nie? Of is ek onredelik om te weier om 'n groot swaar dier vas te hou?
Vincent skryf:
Ek teel ook met Engelse bulhonde en jy sal my nie glo hoe die veeartse se pryse verskil as dit by keisers en inentings kom, dit is skrikwekkend! Sommige van hulle vra tot en met R2500 om ‘n "cherry eye" reg te maak waar n veearts 20km van my dit doen vir slegs R480. Dis ‘n prysverskil van R480 tot en met R2500! Ek het al gevra hoekom die pryse so hemelsbreed verskil: Die antwoord was "Meneer, jy moet dan maar van daai veeartse gebruik maak want ons prys is ons prys".
Gerhard Fuller skryf:
Ek voel dat indien hierdie veeartse nie by die raad gerapporteer kan word nie, hulle name onder die boere bekend gemaak moet word. Hoeveel van hulle sal nie dalk al uit hul praktyk uit gewees het indien die boere en ander diereliefhebers hulle nie ondersteun nie. Net soos enige ander instansie moet hulle ook ‘n uitstaande diens aan die gemeenskap kan bied en lewer waar in ruil daarvoor hulle gelukkige en langsblywende kliente sal verseker. Daar is baie en goeie veeartse wat regtig ‘n diens lewer omdat hulle ‘n passie vir mens en dier het en dans daar die wat dit beskou as ‘n 8 tot 5 "job".
Dassie Mulder skryf:
Ek wil nou nie weer anderster wees nie, maar die ding spook nou al heeldag by my. As dit normale ure was, miskien ‘n ander storie, maar julle praat van na-ure.
Ons het twee veeartse hier, ‘n man wat in die bodorp bly, praktyk langs die huis en ‘n vrou wat op ‘n plaas bly met ‘n praktyk in die onderdorp. Beide van hulle doen baie van hulle werk, en spandeer dus baie van hulle tyd, op plase. Skaapplase waar daar ‘n string arbeiders aan die kraalheining hang en wag dat die veearts sy ding kan klaar doen en hulle weer die skaap kan terugvat na hulle kamp toe. Beide van hierdie veeartse het swart vrouens wat hulle bystaan in die praktyke, waarskynlik meesal met skoonmaakwerk, en spuitnaald aangee, dié tipe ding. Ek sal nie een van die twee ‘n assistent wou noem nie. Die vroue-veearts neem haar vrou soms saam as hulle plase toe gaan, die man vat nie sy vrou saam nie. Op die plaas gee ek die werker om die skaap te hanteer.
Kom ons gaan terug dorp toe na-ure. Waar kry hierdie veeartse nou skielik ‘n assistent op Sondagmiddag? Hy kan mos nou nie een permanent op bystand in die garage aanhou vir ingeval iemand ‘n siek skaap inbring nie.
Alternatiewelik moet jy die veearts inlig dat hy ‘n assistent nodig sal hê sodat hy dié gou uit die township kan gaan haal. Op ‘n Sondagmiddag. Dit terwyl jy waarskynlik op die plaas hulp gehad het om die ram te laai en dus reeds iemand byderhand het om gou saam te gaan. As jy natuurlik die ram alleen kan laai, kan jy hom alleen vashou ook.
As ek nie bereid is om alleen die skaap vas te hou nie, vat ek ‘n helper saam. Hy geniet die trip dorp toe in elk geval meer as ek.
Miskien moet ons ‘n bietjie realsities ook wees so tussen ons regte deur.
Dr. Johan van Rooyen, veearts op Steynsburg, skryf:
Veeartse in die platteland raak skaarser by die dag. Hoekom? Dalk werksomstandighede?
Baie van ons het ‘n eenmanvertoning. Ons moet 24 uur, sewe dae in die week, aan diens wees. Ons verdien meestal nie 50% van wat veeartse verdien wat honde en katte dokter nie. Ons kan nie die luukse bekostig van drie assistente per dag (8 uur skofte) in die week nie, wat nog nog oor naweke.
Die minste wat ek vra is dat die eienaars van diere hulle kan hanteer. Ek het tientalle bytmerke aan my lyf van boerboele wat nog nooit maniere geleer is nie. Ek het ‘n yslike letsel van ‘n Nguni-horing wat deur my hand gesteek het in ‘n swak drukgang. My een knie is erger as ‘n Springbok-skrumskakel s’n van ‘n Brahmanbul wat my in ‘n (swak) drukgang geskop het.
Ek gee deesdae 15% korting op fooie vir poenskopdiere in ‘n ordentlike drukgang. Ek weier om leeutemmer te speel met ongedissiplineerde honde en ek hou nie ‘n ram vas nie want dan kan ek nie goeie werk lewer nie. Om ‘n nugter werker in die township te kry oor ‘n naweek is deesdae meer as onmoontlik.
‘n Stadsjapie bel my eendag: Ek moet sy netjiese stoetkoeie kom voel op ‘n Saterdag. Vra toe grappenderwys vir ‘n tafel en stoele, sambreel, koue vrugtesap en ‘n bier vir ná die tyd. Groot verrassing. Alles net so gereël met warm water, seep, handdoek en handeroom vir na die tyd. Na sewe jaar doen hy dit nog steeds. Hy kan my enige tyd dag of nag bel ek sal altyd onmiddellik reageer. Maar die manne wat jou op ‘n Saterdagmiddag bel van die gholfbaan af en vra jy moet veepos toe gaan vir ‘n kalwingsgeval nadat jy die werkers by hulle huise moes uitsnuffel kan gaan doppies blaas.
Wouter Schreuder skryf:
Vertel hulle dokter, veral die Probeerboere wat hul plase vanaf Randpark Rif-Gholfbaan wil bestuur.
Boervrou antwoord:
Die praktyd het ses veeartse. En 'n paar swart helpers. Net soos die veeartse diens doen oor 'n naweek kan daar 'n helper ook op diens wees. Ek verstaan heeltemal dat 'n veearts nie kan vashou nie want dan kan hy nie sy werk doen nie. Maar om ongeduldig te wees omdat 'n baie ouer persoon nie kans sien om 'n ram alleen vas te hou nie is ook nie in my oë reg nie. As die ram gespring het en van die bakkie afgeval het op wie sou die skade bereken word? Of sou ons al twee van die bakkie afval en ek breek my heup wat dan? Dit is die punt wat ek probeer stel.
Leon Kruger skryf:
Ek handhaaf my ou en afgesaagde standpunt dat mens niks met 'n skaap kan doen as jy hom nie kan hanteer nie. Die kere wat ek veeartsstudente sien vir praktiese opleiding dan druis ek dit ook by hulle in. En nie bloot hantering nie maar die regte hantering. Wat help dit om 'n gespanne en gestresde dier te ondersoek, want jy gaan mos 'n vals prentjie kry ten opsigte van hatklop, asemhaling en selfs temperatuur. Ek verkies om my skape en bokke self te hanteer met ondersoeke, (Johannes 10:14), want as hulle alreeds siek is wil ek hulle nie nog verder stres nie. Daarmee seg ek nie jy het nie reg opgetree nie, ek reken net dat daardie assistent nie die skaap so reg kon hanteer soos wat jy sou nie.
12 Oktober 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Sover ek weet was daar n helper wat besig was om die 2de veearts te help met n nood keiser. Hierdie praktyk lewer puik diens, en ek weet van vele kliente nes ek wat soos famielie behandel word daar. Die gene wat negatief hieroor is het duidelik nie al die feite nie. lyk my mens sal altyd mense kry wat uit hul pad sal gaan om ander te probeer sleg se. Hierdie praktyk bestaan al lank juis omdat daar goeie diens is en die boere (en die dorps mense) in die omgewing weet dit.
Kommentaar van die betrokke veearts:
Herewith an explanation as to what actually transpired at our clinic: Re the complaint. This explanation comes directly from the Vet involved: one of the partners in our practice.
And I quote: Hiermee will ons graag die ander kant van die “swak diens-klagte” stel. Die klient het op 17:45 op ‘n Sondagmiddag met die ram op die bakkie by die praktyk opgedaag. Die jong vroulike veearts was bereid om die kliënt te help, aangesien die ander veearts besig was met ‘n keisersnee op ‘n hond. Daar was ‘n werker by die praktyk, maar hy was besig om te assisteer met die operasie. Die kliënt was wel in kennis gestel dat daar ‘n helper is en die feit dat hul besig was met die keiser. Daar was toe vir die kliënt gevra om te wag tot die ander veearts en werker weer beskikbaar is, omdat sy nie die jong veearts kon help vashou nie.
Ná die operasie het die veearts en die werker die ram gaan behandel. Daar was aan die kliënt gevra om oor ‘n naweek haar eie helper te bring, aangesien ons nie altyd ekstra hande beskikbaar het nie. Volgens die kliënt het sy geen hulp op haar plaas nie, dit laat mens maar net wonder hoe die ram in die eerste plek op die bakkie gekom het?
I trust this explanation retores a little confidence in our profession. Thanks to all who obviously believed that there had to be another side to this story.
Regards, Gavin Watson
Pietersburg Vet. Clinic.
Mev boervrou ek verstaan die jou punt en juffie veearts jou dilemma ook maar mense wees dankbaar julle het nog veeartse wat daar is vir julle veeartse in die bosveld is nou baie besig met die ryk wildboere en die kleinveeboere trek nog swaarder want jou skaap, rand en sent waarde is nie dieselfde as gouewildebees of swartrooibok
Wouter Schreuder skryf:
Vertel hulle dokter, veral die Probeerboere wat hul plase vanaf Randpark Rif-Gholfbaan wil bestuur.
Ek antwoord graag op hierdie insetsel wat duidelik wys jy sukkel met die deeltydse boere. Dalk moet jy net gaan kyk na die infrastruktture en geld wat ons in die landbou sektor ingooi voordat so 'stelling gemaak word. Glo my die probleem met infrstruktuur ""swak drukgange"" etc kan nie aan deeltydse boere gekoppel word nie. Hier is 'n groter probleem wat deurdagte gesprekke verg om almal sukses en gelukkig te hou.
Dankie Dr Johan van Rooyen Jou kommentaar is goed geplaas, my broer is ook 'n veearts, en van al die hondebyte is hy permanent ingent teen hondsdolheid.
Asb behandel die plattelandse veeartse mooi. Daai dr. kan baie meer verdien in die stad as op die plase/platteland. En daar werk hy 8-5. Hoeveel van ons behandel nie eers self die dier, probeer self die kalf/lam uittrek, wag nog `n rukkie, miskien kalf die koei self, dan spaar ek n klomp geld, en dan sononder vanaand word die arme veearts gebel!! Wat gaan ons maak as daar nie meer `n veearts is wat die Boer se taal praat nie?
Die veearts het tariewe net soos 'n doktor tariewe het. Party vra laer tariewe want hulle wil die mense help.
Aan Dr Johan van Rooyen - 100%
Dis uiters swak as 'n veearts 'n dier laat ly as hy nie van die houding van die eienaar hou nie. Lê veeartse nie ook 'n eed af om ALTYD diere in nood te help nie??
Ja, My gevoel is dat daar 'n helper moet wees indien jy by 'n vee-arts gaan besoek. Ek betaal 'n diens. As die vee-arts op die plaas my enige dier ondersoek gee ek hom 'n helper. Die helper ken die dier, om die helper dorp toe neem om 'n dier vas te hou is nogal baie gevra deur dat daar moontlik niemand op die plaas gaan wees terwyl jy by die vee-arts is. Dankie aan die vee-arts hier by ons wat die omstandighede verstaan.
Nico
'n Beroepskeuse is in die meeste gevalle 'n eie besluit - so het Boervrou gekies om te boer en Dr van Rooyen het gekies om 'n veearts te word. Ek het nie opgemerk dat Boervrou skuil agter wat alles haar getref het tydens die beoefening van haar beroep nie, hoekom moet die Dr dit ophaal? Verder wat nie hier aangehaal word nie, is verskeie skrywes vanaf Dr van Rooyen waar hy sy prysstruktuur regverdig. 1. In een skrywe verwys hy neerhalend na 'n sweiser wat betref dié se opleidingstyd en koste daaraan verbonde. 2. In 'n ander een redeneer hy dat mediese dokters kan bekostig om helpers (verpleegstaf) aan te hou aangesien die Staat die geboue, apteek ens voorsien, maar dat hy as veearts nie hierdie luuksheid het nie en alles self moet voorsien?? Die belangrikste in die lewe is dat elke persoon presteer volgens sy vermoeë en dalk het die sweiser bo sy vermoeë uitgestyg en 'n veearts (met al sy studiejare ens) het onderpresteer. Ek gun elke persoon 'n lewe en geld, maar hoekom moet ek in een jaar die veearts se studieskuld afbetaal!!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)