Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Bedryfsnuus / Veediefstal-ruk-handuit-nw

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:81%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Veediefstal ruk handuit in NW

 
Deur ALANI JANEKE
Beeste. Foto: LBW
Beeste. Foto: LBW

Veediefstal ruk handuit in Noordwes met sowat R290 000 se vee wat die afgelope drie weke in die Hartbeesfontein-distrik gesteel is, sê die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in Noordwes.

Mnr. Jaco Maré, voorsitter van die RPO in Noordwes, sê boere in dié omgewing is moedeloos oor veediefstal.

 “Drie weke gelede is sewe verse, wat elk R10 000 werd was, gesteel. Verlede week is 44 skape, wat elk R800 werd was, gesteel en hierdie week is 23 beeste van ‘n boer se kudde van 26 gesteel. Een van die beeste was die boer se stoetbul ter waarde van R30 000. Die ergste is dat al die jonger koeie gesteel is en die drie oudstes gelos is.” Die waarde van die gesteelde vee beloop R289 200.

Volgens Maré is ‘n 60 jarige boer van die distrik en sy vrou onlangs deur sewe gewapende rowers aangeval, nadat vier van hulle beeste sowat ‘n maand gelede gesteel is. “Die verdagtes is aangekeer en die vuurwapens wat hulle glo gesteel het, is teruggevind. Die egpaar is nie beseer nie.”

Veediefstaleenhede het nie voertuie
Maré sê die RPO ondervind ‘n groot frustrasie met die veediefstaleenhede. “As mens hulle bel, sê hulle soms hulle kan nie onmiddellik help nie, want hulle het nie genoeg voertuie nie. Van hul voertuie is glo afgestaan aan polisiëring tydens die Sokker Wêreldbekertoernooi.”

Kol. Lesego Metsi, hoof van kommunikasie van die Polisie in die provinsie, sê egter geen voertuie van die veediefstaleenhede is aan die toernooi afgestaan nie. “Ek het met die kommissaris van veediefstal in die provinsie gepraat, en hy sê nie een van hul voertuie is aan die toernooi afgestaan nie. Dit is so gereël dat alle spesialis-eenhede se voertuie en beamptes nie vir die toernooi ontplooi mag word nie. Ons dink ook nie daar is rede tot kommer vir onveilige toestande nie.”

14 verse in Gauteng gesteel
Intussen sê mnr. Thinus Erasmus, voorsitter van die Gauteng Veediefstalforum, 14 verse is onlangs in die Pretoria-omgewing gesteel. “Die Polisie het die vee opgespoor, maar hulle was nie gebrandmerk nie en die polisie moes toe die spore van die diere vir die kilometers wat hulle deur die nag aangejaag is volg om die eienaar te vind.”

Volgens Erasmus is hulle baie bly oor die vyf beamptes wat onlangs in die Cullinan-veediefstaleenheid aangestel is. “Die beamptes weet wat hulle doen, en die boere se gesindheid is besig om te swaai. Boere in die Fochville-omgewing is steeds baie moedeloos, want hulle vee word daagliks gesteel.”

Hy doen ‘n beroep op vaardige beamptes wat opleiding en ervaring het om aansoek te doen vir die vakante poste by die Vereeniging-veediefstaleenheid.

Egpaar van Standerton aangekeer
Intussen berig IOL dat ‘n egpaar aangekeer is vir die onlangse diefstal van 21 skape en 42 lammers van die plaas Donkerpoort in die Cornelia-distrik. Die twee het na bewering na ‘n oopte sowat 10km van die plaas af gery, waar hulle die lammers geslag het voordat hulle met dié vleis en die 21 skape op die vlug geslaan het.

'n Voertuig van ‘n bakkersmaatskappy is vermoedelik gebruik om die vee te steel. Die 50 jarige vrou en 28 jarige man sal binnekort in die hof op Vrede verskyn.

Bron: IOL 

11 Junie 2010

0
 
 
  • 1938 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Bussie moeilikheid
  • Cultivac 6M
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction