|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 81% |
| Wind: |
Namibië se ooreenkoms met die Europese Unie (EU) vir visuitvoer verval einde vanjaar en dié land het nog nie ’n ekonomiese vennootskapsooreenkoms met die unie onderteken nie. Dít beteken dat Namibië met ’n tarief van 20 % belas sal word op alle vis wat na die EU uitgevoer word, wat tot nou gratis was.
Die verwagting is dat die buurland sy visuitvoer na Suid-Afrika sal herlei, wat die plaaslike bedryf ernstig kan knou. Mnr. Roy Bross van die Suid-Afrikaanse bedryfsvereniging vir diepseetreilvissery sê die visbedryf in Suid-Afrika bied werk vir sowat 10 000 mense.
“Namibië se volumes kan net so groot soos Suid-Afrika s’n wees. Noemenswaardige volumes van Namibiese vis kan na ons toe kom en dit sal ons bedryf ernstig benadeel,” sê hy. Onderhandelinge oor ’n nuwe vennootskapsooreenkoms gaan voort tussen die EU, Suid-Afrika en Namibië nadat laasgenoemde twee lande nie in Junie nuwe ooreenkomste, soos Botswana, Swaziland en Lesotho, onderteken het nie.
Gen. Xavier Carim, Namibië se minister van handel en nywerheid, het voorgestel dat Suid-Afrika moet poog om Namibië se visuitvoer te absorbeer as hy nie ’n nuwe ooreenkoms met die EU sluit nie.
14 Augustus 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)