Vraag na hoenders daal

 
Hoenders. Foto: LANDBOUWEEKBLAD
Hoenders. Foto: LANDBOUWEEKBLAD

Country Bird Holdings, Suid-Afrika se derde grootste hoenderprodusent, se bedryfswins het met 11,5% vir die boekjaar tot Junie vanjaar tot R122,2 miljoen gedaal.

Luidens ‘n berig op Meat Trade News Daily word die daling grootliks aan laer verkope van hoenderprodukte toegeskryf.

Nog ‘n rede vir die 8%-daling in bedryfswins is die invoer van hoenderprodukte wat weens die sterk rand plaasvind.
 
Werksverliese het groot invloed
Volgens die berig is hoender die goedkoopste vorm van proteïene in die land, maar verbruik daarvan het afgeneem weens die verlies van sowat een miljoen werksgeleenthede sedert die begin van verlede jaar.

Die bedryf het in 2009 ‘n swak jaar beleef. Hoendervleispryse het in Desember verlede jaar, gewoonlik die besigste tyd, ‘n daling na R13/kg aangeteken. In 2008 was dié prys R16/kg.

Voortdurende laer vraag dwing hoenderprodusente om vanuit hul kern te groei en koste te besnoei waar moontlik. Die maatskappy verwag dat die pluimveebedryf oor die mediumtermyn onder druk gaan bly.

 31 Augustus 2010

0
 
 

Kommentaar

Onbekende besoeker 

Ek wil net graag ook byvoeg dat nie net alleen verlore werksgeleenthede hiervoor verantwoordelik is nie maar ook die prys wat die verbruiker moet betaal in die SUPERMARK. Hoender was altyd 'n goedkoper alternatief vir rooivleis maar nie meer nie. Die opsit van hoenderplase ens word soos die mafia beheer deur die groot rol spelers.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.