|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Vyf mans is Woensdagaand (21 Oktober) glo vir die besit van R5 miljoen se perlemoen in Johannesburg aangekeer.
Luidens ‘n berig op News24.com het die Polisie die mans opgespoor toe hulle op ‘n wenk reageer het dat perlemoen in ‘n huis in Glenvista gestoor en verwerk word.
Kol. Tshisikhawe Ndou sê die verdagtes is tussen die ouderdomme van 34 en 40. “Met die Polisie se aankoms by die huis is die verdagtes betrap terwyl hulle glo besig was om sowat vier ton perlemoen te verwerk en te verpak.”
Chinese verdagtes
Vier van die verdagtes is glo van China en die vyfde van Suid-Afrika. Die groep sal in terme van die Marinebestuurswet aangekla word en Maandag (25 Oktober) in die hof verskyn.
Volgens Ndou vorm dié arrestasies deel van operasie "Quantico" wat fokus op die beskerming van bedreigde spesies.
22 Oktober 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)