Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Bedryfsnuus / Water-taakspan-bekyk-oordrag

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Water: Taakspan bekyk oordrag

 
Deur JAN BEZUIDENHOUT
Water. Foto: THEUNS BOTHA
Water. Foto: THEUNS BOTHA

‘n Taakspan sal riglyne vir toekomstige wateroordragte moet neerlê ingevolge ‘n beginselbesluit deur die Minister van Water- en Omgewingsake, ná ‘n hoëvlak besoek deur Agri SA.

Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, het ‘n afvaardiging na die Minister van Water- en Omgewingsake gelei om hoofsaaklik te gesels oor die oordrag van watergebruiksregte wat sedert 2007 deur die Departement van Waterwese geweier word. 

Die Departement voer aan dat besproeiingsboere nie aan die vereistes van die Waterwet aangaande waterreghervorming voldoen nie.  In ‘n onlangse opname by Agri SA se affiliasies het diegene wat gereageer het, aangetoon dat sowat 2 000 hektaar deur die weierings van die Departement geraak word.

Die opname toon verder aan dat slegs vier gevalle van wateroordrag die afgelope twee jaar goedgekeur is, terwyl 134 aansoeke vir wateroordragte afgekeur is.  “Dié neiging is kommerwekkend en plaas ‘n groot demper op landbou-ontwikkeling wat nie in die huidige resessie toestande verantwoordbaar is nie, terwyl landbou een van die min sektore is waar ekonomiese groei moontlik is.”

Die bevindinge van die Oranjerivier Herbeplanningstudie dui ook aan dat betreklik groot hoeveelhede water gereserveer is, wat aan voorheen benadeelde gemeenskappe toegeken kan word.  Tot op hede het die Departement nie hiervan gebruik gemaak nie, het Möller gesê.

“Gebaseer op resultate van die opname wil dit voorkom asof sowat 2 500 werksgeleenthede jaarliks verlore gaan as gevolg van hierdie onnodige beperking wat die Departement van Waterwese op besproeiingsboere plaas.  Dit het gevolglik ‘n negatiewe uitwerking op sodaniges se huishoudelike voedselsekerheid”, aldus Möller. 

Agri SA het voorgestel dat bestaande aansoeke vir die oordrag van watergebruiksregte binne ses maande beoordeel en afgehandel word aan die hand van algemene SEB-regulasies.  Die Minister het onderneem om binne twee weke terugvoering oor Agri SA se voorstel te verskaf.  Die Minister het ook die aanstelling van die taakgroep in beginsel goedgekeur om aan riglyne vir wateroordragte te werk wat in die toekoms sal geld.

8 September 2009

0
 
 
  • 2022 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Vervaardiging van skaapvoere
  • Kelders kou klippe
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction