|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Oral op die Suid-Afrikaanse platteland is daar die wonderlikste geleenthede om foto’s te neem – van klein kuikentjies tot groot stoetbulle, bome, diere, veldblomme, voëls en nog veel meer.
Neem nou jou kans waar en skryf in vir ons landboufotokompetisie. Jy kan puik pryse wen en sommer jou vaardighede met die kamera te verfyn. Die enigste vereiste is dat jy nie ’n professionele fotograaf mag wees nie.
Daar is vier kategorieë waarvoor jy kan inskryf, dus is daar vele opsies en almal kan pryse wen. Wys wat jy met ’n kamera kan regkry. Wie weet, dalk publiseer Landbouweekblad jou foto’s op ons webwerf en in ons tydskrif! Die eerste kategorie is Boerderytonele: bewerkbare grond en vee.
Tweede kategorie: Natuurlike omgewing en landskappe.
Derde kategorie: Troeteldiere/Humor.
Vierde kategorie: Plaasmense
Algehele wenners
Die algehele wenner loop weg met ‘n iPad, ‘n DStv Drifta, sowel as R10 000 kontant! Die tweede prys is twee nagte se verblyf vir twee in ’n luukse suite met drie maaltye per dag, sowel as tee, koffie, koek, gebak en peuselhappies. Die wenners sal ook op twee wildritte per dag getrakteer word. Die derde prys is ‘n Sony DCR- CX110-videokamera met 25x- optiese skuiflens. Die kamera neem video’s in 2 megapixelresolusie en foto’s teen 3 megapixel-resolusie. Die CX110 spog met ‘n Dolby®- digitale 2CH-stereoformaat en 2.7”-LCD-raakskerm. ‘n Gebruikersvriendelike videokamera vir elke dag se gebruik.
Kategorie-wenners
Die eerste kategorie-prys is ‘n Olympus SZ-20 ter waarde van R2 580. Die 30.4 mm-dun SZ-20 het ‘n 16 megapixel-resolusie en ‘n 12.5xwyehoek- optiese skuiflens- die 35 mm-filmekwivalent van 24-300 mm - sowel as ‘n 3”-LCD-skerm. Die 28.5 mm-dun Olympus VR-310, die tweede kategorieprys, het ‘n 14 megapixel-resolusie en ‘n 10x- wyehoek optiese skuiflens – die 35 mm-filmekwivalent van 24-240mm - sowel as ‘n 3”-LCD-skerm. Die superdun 19.3 mm-breë Olympus VG-130 het ‘n 14 megapixelresolusie en ‘n 5x- wyehoek optiese skuiflens - die 35 mm-filmekwivalent van 26-130 mm - sowel as ‘n 3”-LCD-skerm. Dit is die derde kategorieprys.
Hoe om in te skryf:
Stap 1: Stof die kamera af
Stap 2: Neem ‘n paar mooi kiekies
Stap 3: E-pos jou foto’s, met die tema in die onderwerpreël, na lbwfotos@media24.com.
Kompetisiereëls:
Die kompetisie sluit op 9 Maart 2012 om 17:00. Met die deelname aan die kompetisie en met die voorlegging van die foto’s gee elke deelnemer aan Landbouweekblad ewigdurende toestemming om die materiaal na goeddunke wêreldwyd en sonder enige vergoeding te gebruik. Met die voorlegging van die foto’s gee elke deelnemer aan Landbouweekblad toestemming om die materiaal in sy media te gebruik.
Onder Landbouweekblad se media tel sy webwerf en bemarkingsmateriaal, asook toekomstige publikasies en films, maar dit is nie daartoe beperk nie. ’n Fotograaf sal die nodige erkenning kry as enige van sy/haar foto’s vir dié doel gebruik word.
Geen professionele fotograwe mag inskryf nie. Wenners moet bereid wees om hul name en foto’s te laat publiseer. Die wenners sal in kennis gestel word. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie vir kontant omgeruil word nie.
Personeellede (en hul familielede) van Media24, Megaprom en die borge mag nie deelneem nie. Media24, Megaprom en die borge aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat kan voortspruit uit deelname aan hierdie kompetisie nie. Die borge is verantwoordelik vir die uitstuur van pryse aan die wenners binne ’n redelike tydperk.
Stem vir jou gunstelingfoto deur "lbwfotos" en die foto se kode na 32248 te SMS. Elke SMS kos R1.50. Onbeperkte stemme word toegelaat. Jy moet 'n geregistreerde gebruiker van die selfoon wees. Indien nie, moet jy die eienaar se toestemming hê dat jy met haar/sy foon aan die kompetisie mag deelneem.
3 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
halo.. Ek sal graag vir die volgende Landbouweekblad se fotokompetisie wil inskryf. Ek is slegs 15 jaar oud en die kamera is een van my stokperdjies. Ek wil net graag weet of is daar 'n moontlikheid dat ek die fotos kan instuur per posbus?
Ai, so jammer ek het eers vandag van die kompetisie gehoor. :-( Het maar in elkgeval 'n paar fotos gestuur. :-)
hoe weet mense julle ontvang die fotos?
Isoldé, ons is besig om die foto's te laai. Jy kan ook op ons Facebook-groep kyk. http://www.facebook.com/Landbouweekblad
Groete,
Corli
Goeie more daar Corli
Kyk ek op die verkeerde plek, of het julle nog nie weer tyd gehad om foto's af te laat vir die verskillende temas nie?
@Rob, as jy op die adres klik behoort jou e-posprogram dit oop te maak sonder die punt. Anders kan jy dit net 'copy en paste' in 'n e-pos wanneer jy die foto's stuur.
Groete,
Corli van der Merwe
Webredakteur
lbwfotos@media24.com. die email addres of die blad is nie reg nie want dit eindig met 'n punt, dis hoekom die e-mails nie will deaurgaan nie.
Isoldé, tensy jy 'n boodskap van jou e-posdiens gekry het, dat die boodskap nie deurgegaan het nie, is daar geen rede om te dink ek het dit nie gekry nie. Jy kan ook 'n e-pos van dieselfde adres na cornelia.vdmerwe@landbou.com stuur en ek sal vir jou bevestig of ek dit gekry het.
Groete,
Corli
Hi Corli - hoe vind mens uit of julle ons foto's ontvang het en of dit reg aan julle gestuur is?
Namibiers kan verseker ook inskryf.
jan bez, landbou.com
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)