Deur THEUNS BOTHA
26 Januarie 2012

2936 keer gelees | 9 kommentaar

Met die toename in plaasaanvalle, is plaasbeveiliging vandag noodsaakliker as ooit tevore. Hier is raad oor wat jou te doen staan in sekere omstandighede.


Met die toename in plaasaanvalle, is plaasbeveiliging vandag noodsaakliker as ooit tevore. Willie Jordaan van Venterstad, ’n eertydse kolonel in die SA Weermag, gee raad oor wat jou te doen staan in sekere omstandighede.

Die boer en sy familie kom tuis en word deur aanvallers buite of binne die huis ingewag.
Wenk: Hou ’n wapen byderhand. Bly bymekaar en gaan saam die huis binne. Stel vas of die opstal veilig is en daar nie dalk iemand in wegkruipplekke skuil nie.

Toegang tot die huis wanneer deure en vensters oopgelaat word.
Wenk: Die kamerdeure moet kan sluit. Sluit die deure en vensters wanneer jy alleen is, televisie kyk of na die radio luister. Oefen beheer uit oor die sleutels.


Ganse kan as ’n vroeë waarskuwing dien teen inbrekers en mense wat die huisbewoners leed wil aandoen.

’n Klop aan die deur, venster of klokkie wat lui.
Wenk:
Moenie net oopmaak nie. Vra eers wie daar is. Moenie ná ure vir vreemdelinge die deur oopmaak nie, selfs al sê hulle dat hulle van die polisie is. Wees bedag wanneer ’n werker kom sê dat iemand siek is–hy mag geïntimideer wees.

Vreemdeling wat met een of ander verskoning op die werf stilhou.
Wenk: Die vrou moet die situasie vanaf ’n afstand dophou, haarself bewapen en gereed wees om haar man by te staan. Bel ’n buurman of die polisie en laat sy met hulle oor die radio of telefoon praat totdat alles veilig is.

Die honde blaf of die alarm word (veral snags) geaktiveer.

Wenk: Skakel die buiteligte aan. Maar moet in geen omstandighede uitgaan om te kyk wat aan die gang is nie. Bel eerder die bure of die polisie.

’n Vreemde werker vra om in diens geneem te word:
Wenk: Doen navraag by sy vorige werkgewer en by die polisie. Bespreek die saak met jou eie werkers.

’n Winkel op die plaas of die verkoop van vee en plaasprodukte:
Wenk: Wees ekstra waaksaam, veral as vreemdelinge by jou aandoen.


Veiligheidshekke by ’n plaas behoort te alle tye toe te wees en net oopgemaak te word as die inwoners seker is wie die besoekers is.

26 Januarie 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Dolf Viljoen

2012/02/05 05:31:30 PM

Goeie dag aan alle bekommerde boere. Ons doen plaas beskerming, patrolies, bewaak van plaashuise snag. Indien u Meer wil uitvind van ons dienste Kan u my gerus skakel op 0835542144 0f djviljoen@mweb.co.za


Johan schoultz

2012/02/03 06:09:46 PM

Al gehoor van Back to Basics.Indien ons uit ons gemaksone kom, kan ons die "vuilgoed" hok slaan. Wees wakker,wees gereed,dra mekaar op die hals en hierdie sinnelose plaasaanvalle edm sal stop.Die probleem is dat 98% van ons afrikaners net aan hulself dink..en wie EK is. Johan W Schoultz. Tel 084 700 6306.


Onbekende besoeker

2012/02/01 08:06:39 PM

AS OUD SOLDAAT MET 35 JAAR PLUS MIL SEKURITEIT ONDERVINDING EN EIENAAR VAN 'N SEK FIRMA IS EK BEREID OM DIT MET DIE BOERE TE DEEL OMREDE EK DIE SITUASIE BEGRYP EN SELF AL FAMILIE SO VERLOOR HET. EK KAN GEKONTAK WORD OP SEL NO 082 866 5021.


bekommerde boer

2012/02/01 10:24:03 AM

Jammer on dit te se - maar in 98% van plaasmoorde is die boere nalatig . Ek weet hoe ontwrigting is dit om jou slaapkamer in n tronksel ( saferoom ) te omskep , maar wragtig mense . Daar is soveel maklike en relatief goedkoop planne om in die eerste plek seker te maak jy is wakker as die vuilgoed inkom , en tweedens , om hulle vrek te skiet / uit te hou tot hulp opdaag . Installeer tuinsproeiers in jou dak vir as die vuilgoed die plek brand steek . Die krane moet in jou saferoom wees . Jy kan n watertenk in jou dak sit vir as die vuilgoed die water afsny . Dit sal jou lank genoeg veilig hou . Sorg dat jy n radio met battery het , wat jou met die buurtwag verbind . Die gemors gebruik deesdae selfoon jammers wat jou selfoon nutteloos maak . Orals is LED ligte te koop wat soos n gewone gloeilamp werk , maar 5 ure kan lig maak al is die krag af ,. Kom tot met afstandbeheer vir onder R100 Jou kamer moet verkieslik n staaldeur met n skietluik he . Moenie vir vreeslik ingewikkelde slotte ens gaan nie . n dwarsbalk met brackets wat net agter die deur insak is ongelooflik sterk en maak vinnig oop Dik staal diefwering voor die venster is goed en wel , maar sit aan die binnekant 2 staal vensters met skaniere vas wat jy kan laat sak in n oogwink . installeer n sirene ( soos wat by n fabriek gebruik word )op jou dak . Kanse is baie goed dat hulle sal gee pad as die ding aan die gil raak Sit n lig op die dak - verkieslik n rooi emergency lig Die wat draai soos wat die brandweer gebruik werk van 12v af en is by Midas beskikbaar vir onder R200 . Jy kan die radio se battery daarvoor ook gebruik. n 3/4 bottel J&B met two-step in kan op n strategiese plek gelos word . Maak net seker jy ruim op na die tyd . Dis tyd om agter julself te kyk - die army gaan dit nie doen nie .


Onbekende besoeker

2012/01/30 03:02:26 PM

Wees op jou hoede altyd: Ja dit is moeilik om so te leef, maar as jy wil boer moet jy wakker wees. Sorg dat jy nooit onverwags kan veras word nie. Hou buite hekke toe en goedkoop kamera wat jou in die huis kan wys wie by die hek die klokkie lui of wie die alarm afgedruk het. Laat jou staf vroeg middag loop en sluit self die hek. Onthou hulle sal jou staf eerste dreig om hulle te help en jou staf weet hulle bedoel dit as hulle se ons sal jou familie doodmaak as jy ons nie help. So moet nie op jou staf vertrou nie,hulle kan jou nie help al wil hulle dit doen. As jy nie kans sien om so te lewe dan moet jy dorp toe trek. Willie


onbekend

2012/01/29 08:17:14 PM

wie se hond is dit , dit is darem pragtig


Onbekende besoeker

2012/01/28 05:54:30 AM

Onbekende van 26 Jan 2012(14:27) bedoel seker sy eie nasie.


Onbekende besoeker

2012/01/26 03:07:16 PM

jammer dat dit so gaan op n plaas . kan ouer plaas boere nie jong mans wat graag wil boer maar nie geld het om plaas te koop nie en nou nie werk kan kry nie op hulle plasse werk en n klein stukkie grond kry so dat ouer boer nog op sy plaas kan bly.


Onbekende besoeker

2012/01/26 02:27:21 PM

Ek het ganse gehad, maar die nasie het hulle eerste gevang en geeet.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights