Nederburg, ’n wynlandgoed verbonde aan Distell, een van die land se grootste wyn- en brandewyn produserende maatskappye, het die groep se naam hoog gehou deur met 36 medaljes by vanjaar se Veritas-toekennings weg te stap. Nederburg is aangewys as die naaswenner van vanjaar se kompetisie. Hy het vier dubbelgoue, twaalf goue en twintig silwermedaljes. Distell is een van die maatskappye wat die meeste wyn en brandewyn in Suid-Afrika produseer.
Nog ’n landgoed verbonde aan Distell, Durbanville Hills, spog met ’n dubbelgoue, drie goue en ses silwermedaljes, met Fleur du Cap wat ook beïndruk het met ’n dubbelgoue, ’n goue en vyf silwermedaljes.
“Suid-Afrikaanse verbruikers, wat uit al hoe meer wyne kan kies, beskou Veritas-medaljes as ’n belangrike aanduider van gehalte,” aldus me. Carina Gous, hoof van die maatskappy se wynafdeling. “As produsente bemoedig sulke bevestiging ons ook. In baie gevalle is die wyne wat die Veritas-paneel se goedkeuring wegdra, ook dié wat by ander kompetisies hier en in die buiteland byval vind. Dit dien as bykomende bevestiging van gehalte.”
Brandewyn
Die maatskappy is ook trots op ’n oes van vyf dubbelgoue, vyf goue en vier silwermedaljes vir sy brandewyne. Die meeste medaljes is aan die maatskappy se Fine Brandy toegeken.
Van Ryn’s Collection Reserve-brandewyne het ook goed gepresteer met twee dubbelgoue en twee goue medaljes. Van Ryn’s 10 Year Old-brandewyn en die 15 Year Old-potketelbrandewyn het elk ’n dubbelgoue medalje ontvang, terwyl die 12 Year Old en 15 Year Old goues gekry het.
Van die ander brandewyne wat dubbelgoue medalje gewen het, is Flight of the Fish Eagle, Klipdrift Gold en Oude Meester Reserve 12 Year Old.
Lees hiér meer oor die wenners.