29 September 2011

1738 keer gelees | 3 kommentaar

Plaaswerkers wat beoog om af te tree, is dikwels bekommerd omdat hulle onseker is of hulle genoeg geld gaan hê om te kan aftree.


Plaaswerkers wat beoog om af te tree, is dikwels baie bekommerd oor die stand van hul persoonlike finansies omdat hulle onseker is of hulle genoeg geld gaan hê om finansieel sorgvry te kan aftree.

Dit kan groot ontevredenheid tot gevolg hê, veral wanneer ʼn plaaswerker vir baie jare op die plaas gewerk het, sê Riana Grobler, senior bemarkingskonsultant by Old Mutual Korporatief.

Om sake verder te bemoeilik, ly dit geen twyfel nie dat boere hul werkers in die oë moet kyk oor die finansiële aftreevoorsiening wat hulle vir hul werkers gemaak het – veral vir daardie getroue werkers en hul families wat die boer deur dik en dun gehelp het om welvaart op sy plaas op te bou.

Volgens Grobler moet boere ook nooit uit die oog verloor nie dat hulle, as werkgewers, dikwels die enigste bron van inkomste vir hul plaaswerkers is. Vra jouself as boer af: “Benewens die finansiële voorsiening vir my werkers se aftrede, wat gaan ek doen as krisisse my werkers onverwags sou tref en hulle geld nodig kry vir tydelike of permanente ongeskiktheid of begrafnisse?”

Dink ook aan jou afgestorwe werker se familie wat agterbly. Sal hulle op jou vrygewigheid moet staatmaak of het jy ʼn werkbare plan om jou werkers finansieel te bemagtig?

Vroegtydige finansiële beplanning vir jou plaaswerkers beteken een probleem minder vir jou as boer. Behalwe dat dit ʼn goeie sakepraktyk is, skep dit lojaliteit onder jou werkers en bied dit jou as boer finansiële gemoedsrus in die wete dat jy in die beste belang van jou werkers optree.

Met Old Mutual se Easy Benefit Plan kan die boer sy eie finansiële uitdagings as werkgewer asook dié van sy plaaswerkers die hoof bied. Die Easy Benefit Plan is ’n kostedoeltreffende, pasgemaakte pakket vir klein tot mediumboerderye.

Die Easy Benefit Plan sluit werknemervoordele in, soos lewens-, tydelike en permanente ongeskiktheids- en begrafnisdekking vir die werkers en hul families – en dit sonder mediese onderskrywing.

Dit bied jou werkers voorts ’n geskikte geleentheid om vir hul eie aftrede te spaar in ’n gebalanseerde portefeulje.

Die Easy Benefit Plan is maklik om te koop, te aktiveer en te administreer. As werkgewer ontvang jy voorts ook deurlopende ondersteuning plus gratis toegang tot advies via ’n webwerfdiens oor werknemerswetgewing.   
Om vir die Easy Benefit Plan in aanmerking te kom, moet jou boerdery:

* Vyf of meer werkers in diens hê.
* Toegang tot die internet hê.
* ’n Geakkrediteerde betalingstelsel of Microsoft Excel hê wat op jou rekenaar geïnstalleer is.

Die Easy Benefit Plan is met trots deur Old Mutual ontwikkel, ’n organisasie wat die eiesoortige finansiële behoeftes van kleiner boerdery-ondernemings verstaan. Met hierdie pakket kan jy as boer werklik jou lewe makliker maak, morele asook finansiële druk op jou boerdery verminder en sigbare waarde toevoeg tot jou waardevolste bate – jou plaaswerkers.

Indien jy meer inligting verlang oor hoe jou boerdery uit Old Mutual se Easy Benefit Plan voordeel kan trek, praat gerus met jou finansiële adviseur, of SMS “Easy”, jou naam en dorp na 32868.

29 September 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Johan Swarts

2011/10/03 02:55:54 PM

Sal self wil weet waar die boere met minder as 5 werkers kan hulp kry.


Gerhard van der Linde

2011/09/30 02:35:50 PM

Ek wens my werkgewer moet ook so bekommerd oor my wees soos wat die boer oor sy werknemers moet wees


Daan Erasmus - Manamane

2011/09/30 09:20:00 AM

As 'n deeltydse boer met slegs een werker in diens. Waar kan ek dieselfde hulp kry?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights