Deur ALANI JANEKE
18 September 2012

1028 keer gelees | 0 kommentaar

’n Forum is tydens vanjaar se Agri Megaweek in die lewe geroep in die soeke na eenheid in die Suid-Afrikaanse landbou.


Die Landbou-eenheidsdebat wat vanjaar op die Agri Megaweek by Bredasdorp aangebied is, het gelei tot die stigting van ’n forum tussen die georganiseerde landbou en landbou-bedryfsorganisasies. Dié forum se hooftaak sal wees om beter eenheid en samewerking binne die landbou te probeer bewerkstellig.
 
Luidens ’n verklaring sal die forum voor einde vanjaar vir die eerste keer byeenkom sodat sinvolle samewerkingsooreenkomste so gou moontlik bespreek kan word. Die debat word beskryf as die beste vordering wat die afgelope jaar gemaak is rakende die soeke na eenheid in die plaaslike landboubedryf. Mnr. Orton King, uitvoerende direkteur van die Agri Megagroep, sê groter samewerking is na afloop van die debat ’n gegewe.
 
Aanvullend tot die debat het die United South African Agricultural Association (USAAA) en die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) hulle samewerking tydens die vier dae lange tentoonstelling aangekondig.
 
Geluk
King het die deelnemers aan die debat gelukgewens met hul moed en ondernemingsgees. “Ons vertrou dat die Een Landbou, Een Visie-tema van vanjaar se ekspo en forum die weg baan om volhoubare voedselversekering in Suid-Afrika deur onderlinge samewerking moontlik te maak.”
 
Verskeie veekampioenskappe en veilings, soos die Mega Jersey-kampioenskap, die Suid-Kaapse Ayrshire-kampioenskap, die Mega Queen of the Expo Suiwel Interrasskou en die Mega Interras-vleisbees-kampioenskap het op die tentoonstelling plaasgevind. Een van dié jaar se hoogtepunte was die gouemedalje-wenner, die Chelsea Blommeskou-uitstalling, wat by die Megaweek te sien was.
 
“Ons is dankbaar dat vanjaar se ekspo sonder twyfel bestempel kan word as die beste die afgelope ses jaar wat hierdie jaarlikse landbou-hoogtepunt in die huidige formaat aanbied. Hier het werklik verandering in die landbou en gesindhede plaasgevind,” aldus King.
 
Agri Megaweek 2013 vind van 18 tot 21 September plaas.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights