|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Die ANC se nuwe insig oor die belangrikheid
van die landbou gaan hom twee keer
laat dink oor die gevolge van grondhervorming,
meen mnr. Theo Venter, politieke ontleder
en spesiale raadgewer by die Universiteit
van Noordwes.
Hy het op 'n MGK-landboudag oor mnr. Jacob
Zuma se presidentskap en die landbou gepraat.
Hy meen die onlangse ontlysting van
'n aantal grondeise dui ook op 'n werklikheidsiening
wat besig is om onder regeringslui
pos te vat.
Hy meen dat die onteieningswetgewing
nie weer aan die Parlement voorgelê sal word
voor 2011 nie. "Die landbousektor het die eerste
ronde gewen. Ek dink die ANC is slim genoeg
om te weet hy kan nie oor onteiening
praat tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi
nie, want daar kan dalk mense wees wat hier
grond wil koop."
Ná die toernooi volg die plaaslike regeringsverkiesings
in 2011 waar die klem sterk
op dienslewering gaan lê.
Venter meen Zuma sal 'n beleid van samewerking
en onderhandeling volg. Veral wat
die landbou betref, het hy reeds tekens daarvan
gewys.
"Teen die einde van verlede jaar se geldjaar
is R10 miljard teruggegee weens 'n onvermoë
om dit te bestee. Dit is gelykstaande
aan die Vrystaat se jaarlikse begroting. As
daar een sonde in hierdie land is, is dit wanneer
belastingbetalersgeld nie doeltreffend
bestee kan word nie."
8 Junie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24