|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Dit sal dalk in die toekoms nie meer so maklik wees om plase in wildplase om te skep nie. Die Departement van Grondsake meen daar moet duidelike beleid oor hierdie kwessie opgestel word.
Dit kom na aanleiding van die kommer dat al hoe meer boere hul plase in wildplase omskep. Dié praktyk het veral in die afgelope dekade vinnig posgevat met baie boere wat nie meer groot stukke grond kon bewerk nie.
Mnr. Tozi Gwanya, direkteur-generaal vir Grondsake, het gesê Suid-Afrikaanse boere het in die verlede die Amerikaanse model gevolg waar groot stukke grond gekoop en bewerk is.
Dit het nou te duur geword om dié plase te bewerk, wat daartoe lei dat plase verkoop of in wildplase omgeskep word. Die bedryfskoste van wildplase is minder as dié vir landboudoeleindes.
Gwanya hoop dat die Departement van Grondsake die kwessie kan hanteer deur die Wetsontwerp op Grondgebruik en -bestuur.
Lees die volledige artikel in Landbouweekblad se uitgawe van 5 Desember 2008.
3 Desember 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24