|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Die Regering moet sy moratorium op gelykheidsaandeleskemas heroorweeg, want navorsing deur die Regering dui aan dat korrek toegepaste 50:50-skemas die mees suksesvolle model vir grondhervorming blyk te wees, sê me. Helen Zille, premier van die Wes-Kaap.
Sy het Vrydag tydens haar verwelkoming by die nasionale plaaswerkersberaad in Somerset-Wes opgemerk dat dié skemas ook bemagtiging bevorder.
Zille het gesê dat sy bereid sal wees om dié skemas in die provinsie te bevorder en om saam te werk ten opsigte van die heroorweging van die moratorium. Sy het aan die betrokke minister die versoek gerig vir die heroorweging na sy dié versoek van lede van die Prestige Plaaswerkersforum ontvang het. Lede van die forum het suksesstories aan Zille uitgelig en haar gevra om by die minister oor die moratorium navraag te doen.
Me. Tina Joemat-Pettersson, die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het groot opgewondenheid oor dié voorstel uitgespreek en gesê sy is verheug dat Zille die welslae van die skema uitgelig het.
Landbou - deel van die ekonomie
Volgens Zille bring fir landbou sowat 40% van die provinsie se uitvoer-inkomste in, en verskaf dit werk aan 200 000 mense. Dié sektor is dus ‘n integrale deel van die provinsie se ekonomiese groei, derhalwe moet plaaswerkers en geleenthede om hulle lewensomstandighede te verbeter, voorkeur geniet. “Ons glo dat geen plaaswerker wat ‘n eerlike dag se werk doen, in armoede moet leef nie.
“Plaaswerkers produseer voedsel vir almal van ons en hulle onderhou direk sowat een miljoen van die vyf miljoen mense wat in die Wes-Kaap leef. So, almal moet hulle deel doen om plaaswerkers se omstandighede te verbeter.”
As deel van dié verbeterings het die Wes-Kaap R600 miljoen geoormerk om infrastruktuur vir gesondheidsorg oor die volgende vyf jaar te verbeter. Worcester, die Paarl, Ceres, Caledon, Robertson, Malmesbury, Beaufort-Wes en Rawsonville is van die dorpe en omgewings wat hieruit sal voordeel trek.
Die provinsie het ook ‘n leerder-vervoerskema, wat vervoer aan kinders wat 5km of verder van hulle naaste skool af woon, verskaf.
2 Augustus 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
@FRED - waar kom jy aan 25% en Zille aan 50%. As die politieke partye en leiers hul liewer heeltemal uithou uit die landbou sal dit baie beter gaan. Dit is egter te veel gevra, want die landbou is 'n sagte teiken wat lekker die emosies opjaag. Dit is tyd dat hierdie belaglike uitsprake gestop word. Boere kry die minimum vir hul produkte en dan word hul links en regs geboelie deur kortsigtige politieke leiers met verskuilde agendas.
Ek is jammer want ek betaal nie 25% aan my hulp/werkers nie en ek gee dit ook nie aan arme mense, maar wel 10% van my eie pensioen. Ons huisbediende verdien omtrent die gelykheid van US$340.00 (omtrent R2,500.00 per maand). Ek hoop om haar ´n bietjie meer te betaal in die nabye toekoms. Ons bly in Brasilië. My punt wat ek eientlik wil maak is aan JvdW: dink u nie dat GOD jou omset kan verdubbel? Maar nee, die mens in die algemeen het mos nie baie tyd vir GOD se instruksies nie - en Hom te gehoorsaam is mos outyds of is ek verkeerd?
Die enigste manier wat ek aan 'n 50:50 aandeelskema sal meedoen, is as die regering vir elke hektaar wat ek besit en elke R1 ekwiteit vir my nog een "gee" om vir my mense te bewerk. Verdubbel dus my boerdery omset en my kanse op oorlewing en ek sal met graagte my werksmense met 50% van die winste vergoed.
Watse 50-50, koop alles of niks want ek sal weer al die verantwoordelikheid op my as boer moet neem. Ek sal gratis mentor vir twee jaar na verkoop dan kan die plaas maar in sy peetjie gaan. Ek kan in Afrika waar ek oop hande ontvang word gaan boer of self in ander oorsee se lande.
Dit is waar wat Fred se, as Christen is dit ons taak om na die armes om te sien... Maar dan wonder ek of Fred 25% van sy inkomste aan armes gee? Maar as die Regeering weer landbou diesel vry maak van belastings soos die Nasonale Pad Ongeluk Fonds( waar van seker 70% van die brandstof wat deur die landbou gebruik word, gebruik word vir die bewerking van grond), sodat boere meer meeding met internasonale boere wat subsiedies ontvang. Ek stem saam met Attiee: Hou op met die sosialistiese snert... En hou op om boere te sien as die vyand, hul gee ons almal kos!
Ek wil net vir Fred se hy moet dan ook bereid wees om 25% van sy netto wins vir sy hulp/werkers af te staan .
Mev. Zille doen haar bes om die lewe van arme mense te verbeter. Dit is een van GOD se opdragte om arme mense te help - dit behoort bespreek te word hoe dit gedoen moet word. Persoonlik stel ek voor dat 25% van die netto winste aan die plaaswerkers toegestaan word, en 75% aan die boer wat sy risiko faktor insluit om sy lenings terug te betaal.
Die verbruiker moet dan maar net meer betaal vir die boer se produkte dan kan hy eers meer uit betaal. Kyk teen watse prys moet die boere produseer ?
Mev. Zille, so gaan dit nou vir alle besighede geld of word daar weereens net teen die boere en landbou gediskrimineer? SA inwoners moet wegbeweeg van hierdie "entitlement" mentaliteit. Los die landbou uit, soos in heeltemal. Dan kan die landbou stabiliseer en homself uitsorteer. Sorg jy en die res liewer vir 'n internasionale gelyke speelveld vir die landbouer. Hou op om voor te skryf. Kapitalistiese stelsel is al wat sal werk. Hou op met hierdie sosialistiese snert.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)