Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Grondhervorming / Grondhervorming-2brboere-het-ook-regte

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Grondhervorming (2):<br>Boere het ook regte

 
BERTUS VAN DER MERWE

Nie enige plaaswerker kan sommer 'n eis instel om 'n boer se plaas of 'n deel daarvan in die hande te kry nie. Wetgewing stippel die voorwaardes vir geldige eise haarfyn uit.

Hierdie artikel is die tweede aflewering in ons reeks oor Suid-Afrika se grondhervormingsprogram, waarin verskillende aspekte van grondhervorming en tersaaklike wetgewing aan die hand van vrae en antwoorde behandel word. Die skrywer is mnr. Bertus van der Merwe, 'n prokureur op Vryheid, KwaZulu-Natal. Die verskil tussen restitusie- en huurarbeider-eise word hier verduidelik, met die klem op die vereistes vir 'n geldige restitusie-eis.

  • Vrae kan aan die skrywer gerig word by e-pos: bervdm@lantic.net.

    Gestel 'n boer wil sy plaas beskikbaar stel om ingevolge die herverdelingspilaar van die Regering se grondhervormingsprogram verkoop te word aan iemand of 'n gemeenskap wat daarin belang stel. Hoe weet hy of daar nie dalk 'n grondeis deur iemand anders teen die plaas ingestel is nie?

    Daar is basies twee soorte grondeise, naamlik restitusie- en huurarbeider-eise. Hierdie twee aspekte van die grondhervormingsprogram is die sogenaamde eisgedrewe prosesse. In teenstelling met die herverdelingsprogram, is hierdie twee programme gebaseer op spesifieke aansprake wat spesifieke eisers of gemeenskappe ten opsigte van 'n spesifieke stuk grond het.

    Om vas te stel of daar 'n restitusie-eis teen 'n plaas is, moet die boer by die streekkommissaris van die Kommissie op die Herstel van Grondregte in die bepaalde streek navraag doen. As hy wil vasstel of daar 'n huurarbeidereis teen die plaas is, moet die boer die navraag aan die provinsiale kantoor van die Departement van Grondsake in die provinsie rig.

    V: Wat is die verskil tussen 'n restitusie- en 'n huurarbeider-eis?

    A: Daar is groot verskille tussen dié twee tipes eise en dit word heeltemal verskillend binne die Departement van Grondsake gehanteer. Die geldigheidsvereistes verskil ook hemelsbreed van mekaar. 'n Restitusie-eis is 'n eis wat ingestel is deur iemand wat nie meer op die betrokke grond woon nie, maar wat beweer dat hy in bepaalde voorgeskrewe omstandighede ná 19 Junie 1913 van 'n reg tot die grond ontneem is. Daarteenoor is 'n huurarbeider-eis 'n eis wat deur iemand ingestel is wat nog op die plaas woon (of minstens op 2 Junie 1995 nog daar gewoon het) en wie se familie nog op die plaas woon.

    V: Vertel my meer van hierdie eise. Wat presies is 'n restitusie-eis dan?

    A: Slegs 'n mens of gemeenskap wat kan bewys dat hy/sy/hulle ná 19 Junie 1913 weens die toepassing van 'n ras-diskriminerende wet of praktyk ontneem is van regte wat hulle op die betrokke plaas uitgeoefen het, kon geëis het dat sodanige regte herstel moet word. So 'n eis moes nie later nie as 31 Desember 1998 by die Kommissie op die Herstel van Grondregte ingedien gewees het.

    V: Maar my plaas is al sedert 1850 in blanke besit. My titelakte kan dit bewys. Hoe kan iemand anders dan my grond eis?

    A: Die belangrike tydperk om te oorweeg, is die tydperk ná 19 Junie 1913. Die eiser hoef nie noodwendig die eienaar van die plaas te gewees het om 'n eis te kan hê nie; hy of sy hoef net vir 'n beperkte tydperk ná 1913 reg tot die grond te gehad het. As so iemand weens 'n ras-diskriminerende wet of praktyk van daardie beperkte reg ontneem is, kon hy/sy steeds 'n eis vir die herstel van daardie beperkte reg ingestel het.

    V: Wat behels so 'n reg?

    A: Die wet maak voorsiening dat enige reg tot grond - of dit nou teen die titelakte geregistreer was of nie - teruggeëis kan word. Dit sluit in die regte van 'n deelsaaier, 'n huurarbeider of selfs iemand wat net kan aantoon dat hy/sy vir 'n aaneenlopende tydperk van langer as tien jaar voordelige okkupasieregte op die grond gehad het. As so iemand kan bewys dat hy/sy daardie regte weens die toepassing van ras-diskriminerende wette of praktyke verloor het, kan die betrokke mens die regte wat hy/sy verloor het, terug eis.

    V: Waarom is 1913 so belangrik?

    A: Die wetgewer het met die invoeging van hierdie datum in die wet bepaal dat 1913 die vroegste datum in Suid-Afrika se geskiedenis was wat die eerste ras-diskriminerende wet oor grondregte op die Wetboek verskyn het. Die Naturellen Grond Wet 27 van 1913 het op 19 Junie 1913 in werking getree. Hierdie wet, asook ander wette wat gevolg het, het bepalings gehad ingevolge waarvan swart mense se regte tot grond ingeperk is. Die Grondwet van die Nuwe Suid-Afrika het bepaal dat die Regering maatreëls moet instel om toe te sien dat mense wat ná 1913 weens sulke wette bepaalde regte tot grond verloor het, die geleentheid gegee moet word om die herstel van daardie regte te eis.

    V: Ek verstaan nog nie mooi nie. Ek is nou al die vierde geslag van ons familie wat op ons plaas boer. Ek en my voorgeslagte is nie mense wat in politiek belang stel nie. Ons het nog altyd goed met ons werkers oor die weg gekom. Hoe kan hulle nou my grond eis?

    A: Onthou, die eis is teoreties eintlik 'n eis teen die staat. Uiteraard raak dit die boer omdat hy die huidige eienaar van die plaas is. Die oogmerk van die wet is egter om aandag te gee aan ras-diskriminerende wette en/of praktyke wat destyds deur die staat in werking gestel is. Mense wat weens die toepassing daarvan benadeel is, word nou die geleentheid gegee om die herstel van daardie regte te eis. As so 'n eis slaag, kan dit dus gebeur dat die betrokke boer dalk sy hele plaas of 'n deel daarvan verloor. Die wet sê egter in so 'n geval moet die boer behoorlik deur die staat (wat vandag deur 'n ander Regering as destyds beheer word) vergoed word.

    V: Nou maar goed, jy sê daar moes 'n ras-diskriminerende wet of praktyk betrokke gewees het. Wat is dit?

    A: 'n Ras-diskriminerende wet is enige wet met bepalings wat diskriminerend ingewerk het teen gekleurde mense. Een van die maklikste voorbeelde is die Groepsgebiedewet. Daarvolgens is mense volgens hul velkleur in groepe ingedeel. Mense van 'n bepaalde groep kon net woon op die spesifieke grondgebied wat deur wetgewing vir daardie groep opsy gesit is. Swart mense is ook in 'n stadium belet om grondeienaars te wees.

    V: Maar nie ek of enige vorige eienaar het ooit so 'n wet op die plaas toegepas nie.

    A: Dit is belangrik dat 'n eiser moet kan bewys dat so 'n wet inderdaad deur 'n boer of 'n voorganger op sy grond toegepas is, en dat die eiser juis weens die toepassing daarvan sy/haar regte tot die plaas verloor het. Die howe het beslis dat daar 'n duidelike oorsaaklike verband tussen die toepassing van so 'n wet en die ontneming van die regte moes gewees het. As dit nie bewys kan word nie, is die eis ongeldig.

    V: Wat is 'n ras-diskriminerende praktyk?

    A: Dit is 'n praktyk wat die staat deur middel van enige nasionale of provinsiale staatsdepartement of enige plaaslike owerheid toegepas het. Dit sluit handelinge van 'n amptenaar of funksionaris van die staat in wat 'n openbare funksie vervul het. 'n Goeie en maklike voorbeeld van so 'n departement of amptenaar is die ou Departement van Naturellesake (wat later Bantoesake genoem is), asook sekere handelinge van die destydse Bantoesakekommissarisse. As 'n eiser kan bewys dat daardie departement en sy amptenare in die toepassing van ras-diskriminerende wette veroorsaak het dat hy van grondregte ontneem is, kan dit moontlik 'n aanduiding van 'n geldige eis wees.

    V: Beteken dit dat - slegs omdat daar sulke wette en so 'n departement was wat die wette uitgevoer het - al die mense wat oor die jare heen op ons plaas gewoon en gewerk het en nou nie meer daar is nie, my plaas kan eis?

    A: Beslis nie. Enige eiser moet kan bewys dat so 'n wet of praktyk die regstreekse of onregstreekse oorsaak was dat hy/sy van sekere regte ontneem is. As dit nie bewys kan word nie, is die eis ongeldig.

    V: Baie werkers het oor die jare heen op ons plaas gekom en gegaan. Kon hulle geëis het?

    A: Nee. As 'n gewone arbeidsdispuut, gewone verhoudingsprobleme, misdadigheid of enige ander oorsaak wat nie met ras-diskriminerende wette of praktyke te make het nie, die rede is waarom iemand die plaas verlaat het, of selfs van die plaas afgesit is, kan dit nie aanleiding tot 'n geldige restitusie-eis gee nie. Die eiser moet kan bewys dat 'n ras-diskriminerende wet of praktyk toegepas is en die oorsaak van 'n ontneming van sy/haar regte was.

  • Navrae: Mnr. Bertus van der Merwe, e-pos: bervdm@lantic.net.

    Landbouweekblad, 26 Januarie 2007

  • 0
     
     
    • 1859 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boerepatente by Nampo
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Vleisbeesboeredag op D
    • Den Vlier
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction