Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Grondhervorming / Grondteiken-nie-haalbaar

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Grondteiken nie haalbaar

 
Deur JEAN DU PREEZ

Die Regering gaan skaars die helfte van sy 2008/09-teiken vir grondhervorming haal met sy huidige begroting en teen heersende grondpryse.

Syfers wat hierop dui, is vervat in 'n amptelike konsep-dokument oor die staat se omvattende plan om grondhervorming te rasionaliseer en te bespoedig.

Dié dokument, The Land and Agrarian Reform Project (LARP), is einde Februarie deur die DG's van onderskeidelik Landbou en Grondsake onderteken en het pas in Landbou.com en Landbouweekblad se besit gekom.

Met LARP wil die Regering al sy grondhervormingsinisiatiewe onder een dak in 'n sg. eenstop-winkel vir grondhervorming integreer en dit desentraliseer tot so laag as distriksvlak. Dit is gemik op die versnelde en volhoubare vestiging van individuele opkomende boere en word bestempel as 'n groot interdepartementele "vlagskip-projek" wat die beste bestuurspraktyke gaan nastreef om die gestelde teikens te behaal. Hiervoor gaan o.m. 'n "super menslike poging" nodig wees, lui die dokument.

In 'n verdere belangwekkende wending impliseer die LARP-dokument ook dat 2025, pleks van die huidige 2014, 'n meer realistiese teikendatum is om 30% van landbougrond in swart besit te hê.

Vir 2008/09 en 2009/10 is die Departement van Grondsake se mikpunt om onderskeidelik 1,5 miljoen hektaar en 2,8 miljoen hektaar aan swart boere oor te dra. Hiervan moet verreweg die meeste, 987 321 ha, in die Noord-Kaap oorgedra word.

"Gegewe begrotingstoekennings vir 2007/08 en 2008/09, asook huidige grondpryse, is hierdie teikens nie haalbaar nie," lui die dokument.

Met die huidige begroting van R2,6 miljard en kapasiteit in die departement is net 608 060 ha van die mikpunt vir die bestaande finansiële jaar haalbaar.

Om die totale teiken van 4,3 miljoen hektaar vir 2008/09 en 2009/10 te haal, sou 'n bykomende R9,4 miljard van die Tesourie verkry moes word, plus 'n verdere bedryfsbegroting van R2,1 miljard om die huidige kapasiteitsprobleme in die departement reg te stel en die nuwe grondhervormingstruktuur aan die gang te kry.

Dié berekenings gaan van die veronderstelling uit dat 1 miljoen hektaar deur die restitusieproses oorgedra word. Die 1 miljoen hektaar is dus nie ingereken in die mikpunt van 4,3 miljoen hektaar vir die volgende twee jaar nie.

Oor die 2014-teiken van 30% landbougrond in swart hande, impliseer die dokument dat 'n scenario waarvolgens 21,4 miljoen hektaar tot 2025 oorgedra word, 'n meer haalbare mikpunt sal wees. Dit is gegrond op 'n begrotingstoekenning wat binne die huidige riglyne bly en jaarliks met 6% toeneem.

Dié berekening word gemaak op die veronderstelling dat die gemiddelde grondprys van die huidige R3 294/ha na R14 700/ha in 2025 styg. Die totale koste om die 30%-teiken teen 2025 te haal, sal sowat R165 miljard beloop.

9 April 2008

0
 
 
  • 1268 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Finaliste: Plaaslewe
  • Beestelers gooi hekke oop
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction