|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Daar is geen verandering aan die teiken om 30% van landbougrond in swart besit te kry nie en dit sluit nie die voormalige tuislandgebiede in nie. Net die datum waarteen dít moet realiseer, skuif van 2014 tot 2025, het mnr. Tozi Gwanya, direkteur-generaal van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming bevestig.
Landbou.com het hom genader na aanleiding van verwarring wat ontstaan het na ‘n uitspraak van mnr. Trevor Manuel, Minister in die Presidensie verantwoordelik vir Nasionale Beplanning, oor die strategie vir landelike ontwikkeling. Sommige lede van die media het afgelei dat die teiken die ou tuislande insluit en in dié geval reeds op 12% te staan kom.
Gwanya het gesê grondbesit sal ná bereiking van die teiken ’n oop markgedrewe proses word. “Die Regering wil nie persentasies aan minderheidsgroepe uitmeet nie. Ons wil nie groeperinge hê soos in die VSA nie. Daar is geen program of besluit dat grondbesit uiteindelik aan die demografie van die bevolking moet voldoen nie,” het hy gesê.
21 Augustus 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)