Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Grondhervorming / Grondverslag-dui-op-wyer-ingryping

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Grondverslag dui op wyer ingryping

 
Deur JEAN-MARIE DE WAAL

Grondverslag dui op wyer ingryping

Deeur JEAN-MARIE DE WAAL

Kundiges meen die finale verslag oor buitelandse grondbesit is heelwat afgewater vergeleke met sy oorspronk-
like vertrekpunte. Tog dien dit as 'n voorbeeld van wyer voorgenome ingrypings in die grondmark.

Dit lyk of die finale verslag oor buitelandse grondbesit se blaf erger as sy byt is. Ná meer as drie jaar se ondersoeke deur 'n span wat nog deur die vorige Minister van Landbou en Grondsake, me. Thoko Didiza, aangestel is, kon nie bewys word dat buitelanders grondpryse opstoot en derhalwe grondhervorming in Suid-Afrika belemmer nie. Kundiges meen die verslag, soos hy nou staan, staaf nie die aanvanklike indrukke oor dié kwessie nie en dat dit uiters gevaarlik is om beleid volgens indrukke alleen te probeer vorm.

Staatsingryping bly 'n omstrede ver-skynsel, maar dit gebeur in die meeste lande. Die ondersoekspan, onder leiding van prof. Shadrack Gutto, se voorstel dat ras en geslag - en nie net nasionaliteit nie - voorts by álle aankope van grond geopenbaar moet word, laat die wenkbroue egter lig (lees die berig "Ras, geslag bly omstrede" hiernaas).
In dié stadium blyk die regstreekse uitwerking op boere en hul deelname in die grondmark gering te wees, meen me. Annelize Crosby, Agri SA se raadgewer oor regs- en grondsake.

Dit moet egter in 'n breë konteks van toenemende staatsingryping in die ekonomie gesien word, want die mark op sigself kan nie die Regering se ontwikkelingsdoelwitte bewerkstellig nie, meen die Regering.

Me. Ruth Hall, navorser by die program vir grond en landelike studies (Plaas), meen die verslag opper wel nuttige vrae oor wat die sosiaal-ekonomiese gebruik van grond in Suid-Afrika behoort te wees. Dit bewys egter nie dat die gebruik van landbougrond vir ander doeleindes, soos vir die ontwikkeling van gholfoorde en wildplase, afbreek doen aan die ekonomie nie. Tog meen sy dit is alombekend dat dié ontwikkelings heelwat skade aan grondhervorming aanrig.
"Min wesenlike vordering is twee jaar ná die Grondberaad gemaak. Die Regering erken nou hy het miljoene plaasbewoners, in die besonder plaaswerkers, versaak en dat hy nie 'n geskikte plan vir landelike ontwikkeling het nie."
Regeringslui is egter verdeeld oor watter beleidsmaatreëls toegepas behoort te word. Daartoe dra die onsekerheid oor die presidensiële opvolger by. Populêre druk is ook besig om toe te neem.

"Daar is 'n enorme tweestryd binne die Regering, want volgens die huidige ekonomiese raamwerk mag buitelanders nie die skrik op die lyf gejaag word nie. Selfs al het die Regering 'n moratorium op buitelandse grondbesit geplaas (die aanvanklike uitgangspunt), sou dit nie die probleme met grondhervorming opgelos het nie," sê Hall.

Me. Anne Porter, voormalige voorsitter van die Wes-Kaapse tak van die Instituut van Eiendomsagente van Suid-Afrika en voorsitter van die eiendomsagentskap Anne Porter Knight Frank, sê dit word verwelkom dat die voorgestelde moratorium op die verkoop van grond aan buitelanders afgewater is om net op staatsgrond van toepassing te wees. Dit is egter nie bekend hoeveel staatsgrond al aan buitelanders verkoop is nie. 'n Behoorlike register is nodig om só 'n studie te doen.

Volgens die instituut se eie studie het buitelanders geen uitwerking op stygende grondpryse nie. Sy stem saam met die bevindinge in die verslag dat 'n toename in grondpryse die afgelope paar jaar die gevolg van 'n bestendige ekonomiese beleid en lae rentekoerse is. Daarby moet sterk vertroue in die ekonomie, ook die ontluikende ekonomie, in ag geneem word.

Verder is die mark vir laekoste-behuising en grondhervorming aan die een kant en dít wat buitelanders koop aan die ander kant op onvergelykbare vlakke.

Volgens die verslag besit buitelanders sowat 3 % van deeltitel-eiendomme en sowat 2 % van die plase en landbouhoewes. Dit is egter moeilik om beleid te maak op grond van gebrekkige inligting.

Porter het die volgende indrukke oor sommige van die aanbevelings:

  • Dit is goed om alle munisipale, provinsiale en nasionale staatsgrond onder dieselfde regulasies te plaas - veral wat sonering betref.
  • Die oorweging van huurpag pleks van eiendomsreg vir buitelanders kan vir staatsgrond werk, maar nie vir private grond nie. Die meeste eienaars wil juis kapitaal uit die verkoop van hul grond hê. Hierdie voorstel vereis breedvoerige wetgewing.
  • Die goedkeuring van die minister by die verandering in die gebruik van grond vir gholfoorde by kusgebiede en wildplase kan voordelig wees.
  • Om te veel beperkings op die koop van plaasgrond deur buitelanders te plaas, sal beleggings belemmer. Geld om plase in Suid-Afrika te koop, is nie geredelik beskikbaar nie.

    Crosby waarsku behoorlike navorsing is nodig voordat enige nuwe beleid ingebring word. "Dit moet nie net oëverblindery wees nie."

    Belanghebbendes het minder as twee maande tyd om kommentaar op die aanbevelings te lewer. Stuur dit aan: plof@dla.gov.za.

    Ras, geslag bly omstrede

    Die grondverslag beveel aan dat ras en geslag met alle grondtransaksies in Suid-Afrika aangedui moet word. Me. Anne Porter van die eiendomsagentskap Anne Porter Knight Frank, wat jare lank nou by die proses betrokke was, sê sy sien geen waarde in sulke inligting nie. Volgens haar is dit moeilik om dit vas te stel, want die geregistreerde eienaar is nie noodwendig die koper nie.

    Dié bepaling is by die verslag "ingesmokkel" en was nie noodwendig een van die aanvanklike bedoelings van die verslag nie. Porter is nie bewus daarvan dat enige ander land ras en geslag by grondtransaksies versoek nie. Elke eiendomsagentskap volg sy eie riglyne. Die verslag gee geen definisies van hoe bepaal moet word of iemand 'n buitelander is nie. Party agentskappe stel dit sommer vas deur te luister of daar 'n aksent is.

    Me. Ruth Hall, 'n navorser by die program vir grond en landelike studies (Plaas), meen weer só 'n bepaling is nodig sodat veranderinge in eienaarskap oor 'n tydperk gemeet kan word. Dit is ook die rede wat me. Lulu Xingwana, die Minister van Landbou en Grondsake, aanvoer. "Een van die groot onbeantwoorde vraagstukke is hoeveel grond van wit na swart hande deur die mark oorgedra is." Hall meen egter dit sal jare duur voordat die Aktekantoor dit op sy rekords sal kan aandui.

    Me. Annelize Crosby, Agri SA se raadgewer oor regs- en grondsake, meen dit is belangrik om vordering te meet. Maar daar is nog nie eens 'n behoorlike opname van staatsgrond gedoen nie. Om ras en geslag op sigself te meet, beteken eintlik nie veel nie.

    Landbouweekblad, 5 Oktober 2007

  • 0
     
     
    • 1629 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boerepatente by Nampo
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Welkom by die Nampo-Oesdag!
    • ‘n Modderige gemors.
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction