Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Grondhervorming / Ho-pryse-vir-plase-betaal

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Hoë pryse vir plase betaal

 
THEUNS BOTHA (landbou@mweb.co.za)

Daar is mense wat bereid is om groot geld in plaaseiendom te belê. Dit is veral die plase binne maklike bereik van stede asook Karooplase wat soos soetkoek verkoop.

Ofskoon die prys van plase, net soos eiendom in die stedelike gebiede, die afgelope ses maande sywaarts beweeg en selfs effens kan daal namate rentekoerse verder styg, is daar baie mense wat bereid is om die hand diep in die sak te steek vir 'n wegkomplekkie op die platteland.

Wanneer die eiendom boonop binne 150 kilometer van 'n stad geleë is, 'n rivier en 'n paar klowe het en wild ook aangehou kan word, is dit 'n bonus en hou die prys wat die voornemende kopers bereid is om daarvoor te betaal, geen verband met die landbouwaarde van die grond nie.

Mnr. Frik de Jager, bestuurder van CMW se eiendomsafdeling in Port Elizabeth, sê die plase in hul portefeulje verhandel flink. "Waar dit egter 'n jaar gelede sowat twee maande geduur het om 'n koper te kry, duur dit nou sowat drie maande. In ooreenstemming met stedelike eiendom, beweeg pryse ook sywaarts.

"Daar is deesdae ál meer ontwikkelaars wat die mark vir plaaseiendom betree en die landbouwaarde van die grond heeltemal skeef trek. Net soos langs die Krugerwildtuin, waar daar al talle private wildtuine met chalets op is, is dié neiging besig om landwyd pos te vat," meen De Jager.

"Om 'n plaas in 'n leefstyl-ontwikkeling om te skep, is egter nie 'n kitsresep vir rykdom nie. Daar is talle reëls en regulasies waaraan voldoen moet word. Dit kan baie geld kos en lank duur voordat die erwe verkoop en huisvesting opgerig kan word. "Om die nodige goedkeuring te kry, mits geen besware geopper word nie, kan tot nege maande duur."

'n Plaaseienaar wat sulke planne het, moet eerstens sy titelakte noukeurig deurgaan en vasstel of daar nie beperkings op die bevolkingsdigtheid op die grond is nie. Na gelang van die soort ontwikkeling wat beoog word, kan dit nodig wees om die eiendom te hersoneer van landbou na 'n wildpark, ekotoerisme of vir watter doel dit ook al aangewend gaan word. Die Wet op die Onderverdeling van Landbougrond is steeds van krag en spesiale toestemming hiervoor moet van die Minister van Landbou verkry word.

In die meeste gevalle moet goedkeuring ook van die plaaslike owerheid verkry word vir so 'n ontwikkeling. Dit kan alleen gebeur nadat 'n omgewingsimpakstudie gedoen is. Hierna moet die eienaar sy voorneme in die plaaslike pers adverteer en is die toestemming van die bure wat deur die ontwikkeling geraak kan word, ook nodig, sê De Jager.

Hy sê daar is minder probleme om plase in die omgewing van bekende nasionale wildparke en bewaringsgebiede, soos die Baviaanskloof, om te skakel. "Trouens in hierdie gebiede is die hekkies heelwat laer aangesien die bewaringsbewustes juis ten gunste daarvan is dat tradisionele veeboerdery hier afgeskaal word."

'n Ontwikkelaar wat 'n plaas naby Alicedale in die Oos-Kaap na 'n leefstyl-ontwikkeling wil oorskakel, het onlangs uit die geledere van Agri Oos-Kaap kwaai teenkanting gekry omdat daar vrese is dat die ondergrondse water waarop die ontwikkeling staatmaak, uitgeput kan word.

De Jager sê plase in die Karoo bly uiters gesog. "Dit het klaarblyklik 'n snob-waarde om te kan sê dat jy Karoogrond besit. In die oostelike dele van die Karoo beloop die gemiddelde prys van plaasgrond R1 000/ha tot R1 200/ha. In die westelike dele behaal dit tot drie keer dié prys. "Hou ook in gedagte dat die gemiddelde plaasgrootte in die Karoo boonop 3 000 ha tot 5 000 ha beloop.

Hy meen die beste winskopies is tans die plase wat aan die voormalige Transkei grens. Die drakrag hier is baie hoër as in die Karoo. Maar ook hier kom grond selde teen minder as R1 000/ha op die mark.

In die Wes-Kaap word grond met tafeldruiwe op nou teen R120 000/ha tot R150 000/ha verkoop. Vir wyndruifplase is pryse meer billik - sowat R60 000/ha tot R80 000/ha. By Jonkershoek, naby Stellenbosch, en Franschhoek is dit beslis nie meer landboupryse waarvan gepraat word nie. Hier gaan dit om leefstyl en pryse wissel van R700 000/ha tot R1 miljoen/ha. "Trouens daar is tans 'n eiendom van 17 ha in Stellenbosch op die mark vir R35 miljoen."

Wat saaigrond betref, wissel pryse by Moorreesburg en Malmesbury van R4 000/ha tot R6 000/ha, en in die omgewing van Caledon van R8 000/ha tot R10 000/ha.

Daar is talle kopers vir grond in die prysklas R2 miljoen tot R2,5 miljoen. Sodra die plase egter duurder raak, word die potensiële kopers minder. Na gelang van omstandighede raai De Jager verkopers wie se vraprys meer as R4 miljoen is, aan om die grond eerder te onderverdeel en in twee of drie verskillende eenhede van die hand te sit. "Twee eiendomme van R2,5 miljoen stuk verkoop veel makliker as een plaas van R5 miljoen."

Mnr. Gawie Kleynhans, bestuurder van BKB se eiendomsafdeling, sê daar moet in gedagte gehou word dat net die waterregte van plase in besproeiingsgebiede tot R18 000/ha kan beloop. Saaigrond in die Visriviervallei verhandel tans van R24 000/ha tot R30 000/ha. Somerset-Oos, Bedford en Adelaide is van die meer gesogte dele.

Mnr. Louis Rheeder, 'n eiendomsagent by McWilliams en Elliot in Port Elizabeth, sê waar boerdery dertig jaar gelede as 'n leefwyse beskou is, word dit nou soos 'n besigheid bedryf.

"Baie kopers stel nie belang in tradisio-nele boerdery nie, maar eerder in 'n naweek-wegkomplek waar wild gevestig kan word. Die laaste ses plase wat ek verkoop het, is almal deur sakemanne opgeraap. Dit is veral kleiner plase wat binne 100 km van die Baai geleë is, wat groot belangstelling geniet.

'nDie kopers gee nie regtig om hoe die opstal lyk nie, maar Eskomkrag en 'n mooi natuur met water en klowe is 'n móét."

Die oplewing in landboutoerisme was 'n groot inspuiting om grondpryse 'n hupstoot te gee. Hy meen die sprake dat net wild wat inheems aan die provinsie is, voortaan hier aangehou mag word, sal 'n demper op pryse sit as dit deurgevoer word.

"In die Oos-Kaap sal dit beteken dat daar dan net koedoes, bosbokke, rooibokke, vaal- en rooiribbokke asook 'n paar klein wildsoorte aangehou mag word. Toeriste en jagters stel ook belang in ander soorte, soos waterbokke, njalas en die Groot Vyf."

Rheeder meen boere wat hul inkomste wil aanvul, kan dit oorweeg om bed-en-ontbyt-geriewe op hul plase beskikbaar te stel. "Daar was die afgelope vyf jaar 'n groot toename in buitelanders wat juis verkies om die platteland te verken en graag 'n dag of wat op 'n plaas wil deurbring. Hoewel wild 'n groot trekpleister bly, wil baie toeriste ook net die normale boerderybedrywighede op 'n plaas ervaar. Daar is vandag méér geld in toerisme as in jag, mits die plaas darem ook in 'n mooi omgewing geleë is."

Daar is groot belangstelling van swart boere om plase te koop, maar min transaksies wat werklik beklink word, sê Rheeder. Die probleem is dat die Land Bank bereid is om die geld voor te skiet vir die koop van die grond, maar die kopers sukkel om ná die plase op hulle naam is, geld vir die ontwikkeling daarvan in die hande te kry.

Hy weet van gevalle waar wit boere bereid was om hul plase aan swart boere te verkoop, maar die transaksie later weens die ellelange vertraging om finansiering te bekom, deur die mat geval het. "Verkopers sal eerder 'n laer prys aanvaar en weet die geld is binne drie maande in die bank, as om 'n beter prys te kry, maar tot twee jaar en langer vir hul geld te wag."

Hiermee stem De Jager volmondig saam. "Dit is nie boere of agente se skuld dat nie meer plase aan swart boere verkoop word nie. Dit is duidelik dat die Departement van Grondsake, ná jare steeds nie sy 'eendjies in 'n ry' kan kry nie."

Rheeder meen die geweldsmisdade in sekere distrikte beïnvloed boere om hul grond te verkoop. "Dit is veral die geval met die ouer boere wie se kinders reeds uit die huis is en wat nie 'n erfopvolger het wat wil kom boer nie. Hul familie dring daarop aan dat die plaas verkoop word en dat hulle eerder in die veiligheid van 'n aftree-oord gaan woon."

Die meeste eiendomsagente met wie Landbouweekblad gepraat het, is dit eens dat tensy iets drasties op politieke gebied in die land gebeur, hoë plaaspryse gekom het om te bly. Hoewel die rentekoers, soos met stedelike eiendom, die prys van plase sal beïnvloed, voorsien hulle nie 'n insinking in die mark nie.

Die lae persentasie oordrag van grond aan swart boere laat egter groot vraagtekens of die Regering inderdaad sy mikpunt teen 2014 gaan bereik, veral as die Departement van Grondsake nie op sy prestasie van die afgelope 10 jaar gaan verbeter nie.

22 September 2006

0
 
 
  • 1979 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Wes-Kaap bly oor ekstra droogtehulp
  • Wees bedag op vo
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction