|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
"Dit is belangrik dat boere die Wetsontwerp op Onteiening baie sterk moet teenstaan", sê dr. Kraai van Niekerk, die DA-woordvoerder vir landbou.
Hy meen die wet is die grootste bedreiging vir die toekoms van die georganiseerde landbou in Suid-Afrika. "Die voortbestaan van vryemark-landbou hang hiervan af, en as nog stappe later nodig sou blyk om dit te keer, dan is dit tot daarnatoe."
"Klimaat en die ekonomie is nie meer die grootste probleme wat boere tans raak nie. Dit is eerder die regerende party se politieke ideologie."
Die kernprobleem met die wetsontwerp is dat die Minister baie meer mag hou rakende watter grond onteien word en teen watter prys, terwyl howe minder seggenskap sal hê indien dit deur die Parlement goedgekeur word.
Onsekerheid
Hy sê ook dat geen normale ekonomiese ontwikkeling kan plaasvind solank daar onsekerheid oor die besitreg van enige onderneming bestaan nie.
Van Niekerk meen dat boere hul trekkers en vragmotors gereed moet kry en begin oefen aan hulle "elmboë en knieë, want toi-toi kom nie maklik nie, en is eintlik nie boere se aard nie".
Hy verseker ook dat die DA homself buite en binne die Parlement daaraan sal toewy om dié wet in sy huidige vorm uit die wetboeke te hou.
25 Junie 2008
Bron: Landbousake, DA, Junie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24