Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Grondhervorming / Kry-brandmaatre

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Kry brandmaatre

 
Deur ISABEL STOLTZ

Die Wet op Veld- en Bosbrande het tande. Dit is dus in grondeienaars se belang om kennis te dra van wat dié wet sê. Daarvolgens is nalatigheid by die ontstaan en verspreiding van brande 'n misdryf en kan enigiemand wat hom daaraan skuldig maak, vervolg word.

Daar heers nog heelwat verwarring oor die aanspreeklikheid ingevolge die Wet op Veld- en Bosbrande (Wet 101 van 1998) en selfs talle regslui is nog nie op die hoogte daarvan nie, het Landbouweekblad verneem.

Volgens mnr. Louis Meintjes, voorsitter van die Cullinan-distrikslandbou-unie en lid van die uitvoerende komitee van die brandbeskermingsvereniging wat in die distrik Cullinan gestig is, is dié wet op almal van toepassing en is onkunde nie 'n verweer nie. Dit geld ook staats-, provinsiale, munisipale en ander instansies.

Die brandbeskermingsvereniging in die distrik Cullinan se brandbestuurstrategie is een van drie (saam met dié van Dullstroom en Platorand) wat nou deur die Departement van Waterwese en Bosbou gebruik gaan word om riglyne saam te stel vir die bestuur van veldbrande.

Mnr. Meintjes was lid van die belangegroepe wat regulasies verfyn het en kom al 'n ver pad saam met dié wet. Hy het 'n paar riglyne en wenke aan die hand gedoen vir brandbestuur en gewys op die verpligtinge van grondeienaars.

"Die wet bepaal dat elke grondeienaar op wie se grond 'n brand kan ontstaan of vanwaar dit kan versprei, verplig is om 'n brandstrook om sy eiendom te hê, asook voldoende toerusting en opgeleide personeel om 'n brand te bestry.

"Die eienaar moet opgelei wees of 'n verantwoordelike persoon in beheer van brandbestryding aanstel as hy nie op die eiendom woon nie. Iemand met geen opleiding nie, al is hy in besit van 'n voertuig, toerusting en kommunikasiehulpmiddels, kan nie as verantwoordelike persoon aangestel word nie."

Die wet bepaal nie hoe wyd 'n brandstrook moet wees nie, slegs dat dit voldoende moet wees om die verspreiding van brande te keer. Brandstroke moet vry wees van brandbare materiaal en van só 'n aard wees dat dit nie gronderosie veroorsaak nie. Plante mag vernietig word om die brandbaan te maak, maar daar moet sorg gedra word om nie onnodig bome en plante te verniel nie. Indien die brandpad byvoorbeeld deur 'n bos inheemse bome of bedreigde plantsoorte loop, kan die pad verskuif word vir bewaringsdoeleindes. Dit kan ook weg van die grens gemaak word, soos om 'n koppie.

Selfs paaiedepartemente moet brandstroke weerskante van paaie maak. Die bepalings geld ook vir weermag- en ander staats- asook munisipale grond.

Brandstroke kan gemaak word deur te skoffel, skraap, ploeg, skotteleg, met chemiese middels of deur te brand. Eersgenoemde vyf het die kleinste risiko en kan enige tyd gemaak word. Wanneer paaie gebrand word, word egter streng vereistes gestel en die moontlikheid van 'n wegholbrand moet in ag geneem word.

Wanneer brandstroke deur brand gemaak word, moet genoeg toerusting en opgeleide personeel teenwoordig wees onder behoorlike toesig van 'n verantwoordelike persoon. Die minimum vereistes per span is 'n vuurvegter op 'n voertuig met kommunikasiehulpmiddels, 'n rugsakspuit, twee vuurslaners met flappe of sakke en nog twee helpers. Daar moet altyd vuurvegters op bystand wees vir 'n noodgeval.

Mnr. Meintjes waarsku dat voorbrande nie gemaak moet word in gras wat baie hoog en droog is nie. "Sny eers al die gras, of dié aan weerskante, kort voordat gebrand word en moet nooit dink die wind is te lig om 'n probleem te wees nie. Moenie brand as die wind waai nie."

Voordat brandstroke gemaak of weiding as deel van 'n weidingbestuursprogram gebrand mag word, moet alle bure skriftelike kennis van die voorneme kry en met hulle ooreengekom word op 'n aanvaarbare datum. As brande nie in een dag afgehandel kan word nie, moet die bure kennis van alle betrokke datums dra. "Gee ook kennis aan die brandvereniging of rampbestuur dat gebrand gaan word.

"Wanneer voorbrande gemaak word, moet gereël word dat alle bure teenwoordig is en die brandstroke saam gemaak word. Gesamentlike brandstroke kan ook gemaak word waar so ooreengekom is."

As 'n eienaar vir langer as 14 dae weg is wanneer daar gebrand word, moet hy sy bure van 'n adres en telefoonnommer voorsien waar hy gevind kan word.

As veld gebrand as deel van 'n bestuursprogram gebrand word, geld dieselfde reëls, maar word bykomende toestemming vereis van die Departement van Landbou se direktoraat bodembeskerming. Ander reëls geld dan ook, byvoorbeeld dat die veld vir 'n bepaalde tyd ná die brand nie bewei mag word nie.

Die wet vereis ook van grondeienaars om die plaaswerf teen brand te beveilig. Dit beteken dat die veld om die plaashuis en -geboue kort gesny of heeltemal skoon moet wees. In geval van grasdakwonings is die vereistes strenger.

Die wet bepaal dat elke eienaar voldoende toerusting moet hê om brande wat op sy grond ontstaan of daardeur versprei, te kan beveg.

Na gelang van die grootte van die eiendom is slaansakke of -flappe, 'n waterhouer, rugsakspuit en vuurvegter of gifspuit die belangrikste. Op 'n hoewe van 1 ha kan 'n rugsakspuit met slaansakke genoeg wees. Op groter eiendomme moet ál die toerusting beskikbaar wees.

"Skoffel die terrein om 'n asgat skoon. As dit skoongebrand word, moet die bure in kennis gestel word en die nodige toerusting byderhand wees. Maak ook brandpaaie om die eiendom en maak om werkershuise skoon. Werkers moet deeglik kennis dra van die reëls vir brandvoorkoming. Veral in die winter, wanneer mense vuur in konkas maak en as uitgooi, ontstaan wegholbrande," sê mnr. Meintjes.

Elke grondeienaar en sy personeel moet alle redelike stappe doen om aangrensende grondeienaars in kennis te stel van 'n brand en moet alles in sy vermoë doen om te keer dat die brand na aangrensende plase versprei.

Enigiemand wat glo dat 'n brand eiendom, lewe en die omgewing in gevaar stel, kan saam met ander onder sy beheer 'n ander se grond betree om die brand te blus en te keer dat dit versprei.

Hy het ook die reg om oesgewasse en ander plante en bome te vernietig om die brand te beveg en mag enige perseel betree of afbreek. Hy het ook die reg om enige persoon te verhinder om 'n perseel te betree, of iemand wat in gevaar is of wat hom in die uitvoer van sy plig hinder, met geweld te verwyder. Hy mag ook enige voertuig of voorwerp verwyder of opdrag gee dat dit verwyder word. Hy is ook by magte om ander mense en voertuie op te kommandeer om met die bestryding van die brand te help.

"Daar rus egter 'n groot verantwoordelikheid op die persoon in beheer en die regte moet met groot omsigtigheid gebruik word. Bespreek die opsies met die mense op die terrein en neem 'n goed beredeneerde besluit," doen hy aan die hand.

Mnr. Meintjes sê waar 'n brandbeskermingsvereniging gestig is, het lede die voordeel van toegang tot ál die toerusting onder beheer van die vereniging. Dit sal dus nie nodig wees om duur toerusting te koop nie.

Lede is ook verseker van hulp sonder koste, terwyl nie-lede die koste moet dra van brande wat op hul eiendom beveg word.

"Nog 'n voordeel is indien 'n eis ontstaan teen 'n grondeienaar wat lid van 'n brandbeskermingsvereniging is, word aanvaar dat hy nie nalatig was nie en moet die eiser nalatigheid bewys. As hy nie 'n lid is nie, word aanvaar dat hy nalatig was totdat die teendeel bewys word."

'n Brandbeskermingsvereniging het die mag om sy eie reëls te maak wat op sy lede van toepassing is ten opsigte van byvoorbeeld die wydte van brandpaaie, datums waarop brandpaaie voltooi moet wees, ledegeld en plasing van brandtoerusting.

So 'n vereniging is verplig om 'n veldbrandbestuursprogram te ontwikkel, lede op te lei, te organiseer en te steun, ekologiese toestande te identifiseer en beperkings te stel op die maak van brandstroke deur dit te verbied as toestande ongunstig is.

Hulp
Lidmaatskap van 'n brandbeskermingsvereniging onthef nie die lid van sy plig om te keer dat 'n brand van sy grond af versprei nie. Wanneer 'n brand ontstaan, moet hy die vuurvegter wat in die gebied geplaas is, gaan haal of reël dat dit gehaal word en die brand met sy eie personeel beveg. Indien die brand nie bedwing kan word nie, moet hy die persoon in beheer by die brandbeskermingsvereniging in verbinding tree sodat bykomende hulp gereël kan word.

Die regulasies wat die stigting van brandbeskermingsverenigings beheer, sal na verwagting teen einde Junie vanjaar gefinaliseer wees om vir kommentaar gepubliseer te word. Registrasie van die verenigings kan teen September begin. Die Cullinan-vereniging word egter reeds wettig in sy gebied erken ná samesprekinge met die SAPD en howe.

Mense wat nie die bepalings van die wet nakom nie, kan van 'n kategorie 1-misdryf aangekla word as hy/sy 'n vuur maak wanneer 'n brandverbod geld en vir 'n kategorie 2-misdryf as hy/sy 'n vuur alleen laat voordat dit geblus is; 'n brandende vuurhoutjie of ander brandmateriaal neergooi of laat val en daardeur 'n brand veroorsaak wat skade veroorsaak; 'n vuur maak, gebruik of aan die gang hou met of sonder die toestemming van die grondeienaar, wat versprei en beserings of skade veroorsaak; 'n vuur in 'n padreserwe maak anders as by 'n aangewese vuurmaakplek, of anders as vir die doel van 'n brandstrook; versuim om brandstroke te maak; versuim om die nodige kennis te gee; brandstroke maak wanneer die toestande nie geskik is nie; versuim om te voldoen aan standaarde van gereedskap; versuim om redelike stappe te doen en nie wil help om 'n brand te blus of dit te beperk nie.

Die riglyne vir 'n brandbestuurstrategie sal binnekort beskikbaar wees. Mense wat meer inligting soek, kan mnr. Joel Matshate van die Departement van Waterwese en Bosbou skakel by tel. 012 336 7439. Navrae kan ook gerig word aan mnr. Louis Meintjes (082 461 7262) of mnr. David Horn, hoof van Cullinan Rampbestuur (082 789 2374).

31 Mei 2002

31 Mei 2002

 

5
 
 
  • 1834 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Wynmaker help teen sindroom
  • Zita is nuwe DG vir landbou
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction