Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Grondhervorming / Modderklip-boer-se-regte-beskerm

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Modderklip: Boer se regte beskerm

 
MARLEEN SMITH

Wat ook al gebeur, die Grondwet en regstelsel beskerm nog 'n Suid-Afrikaner se regte. Dít is die gemoedsrus wat die Modderklip-uitspraak gee, sê mnr. Pieter Möller, hoofbestuurder van Vrystaat Landbou. "Nou kan 'n boer vertroue hê en aangaan met sy boerdery hier — anders as in Zimbabwe."

'n Belangrike implikasie is dat dié uitspraak die owerhede voortaan sal aanmoedig om vroegtydig teen besetters op te tree voordat dit hulle te veel aan skadevergoeding aan die grondeienaar kos, meen hy.

Die uitspraak bevestig nie net grondeienaars se eiendomsreg nie, maar ook plakkers se reg op toegang tot huisvesting. Die volbank appèlregters, onder leiding van regter Louis Harms, se bevindings is allerweë vir hul ewewigtige handhawing van dié regte geprys. Die enigste verloorder blyk die Regering te wees, wat vir die aantasting van die plakkers én die gesin Duvenage se regte moet opdok.

'n Woordvoerder van me. Thoko Didiza, Minister van Landbou en Grondsake, het by navraag gesê die staat se regsverteenwoordigers bestudeer nog die uitspraak. Daar is nog nie oor die moontlikheid van appèl in die Grondwethof besluit nie.

In sy uitspraak verwerp regter Harms die Regering se insinuasie dat die Duvenages self vir hul penarie verantwoordelik is deurdat hulle nie dadelik teen die plakkery opgetree het nie.

Die staat se regsverteenwoordigers het "ietwat moedswillig" na die verskynsel van "plakkerboerdery" verwys, sê Harms, asof die Duvenages hulle aan dié sosiale euwel skuldig gemaak het. "Die getuienis is duidelik: Modderklip (die Duvenages) het nie met plakkers geboer nie."

Die plaaslike munisipaliteit Ekurhuleni het eerder gesloer nadat die Duvenages hom in Mei 2000 van die probleem in kennis gestel het. Dit was omdat die munisipaliteit nie alternatiewe huisvesting of grond kon of wou beskikbaar stel nie, sê Harms.

Die regter het bevind dat die Modderklip-probleem aan twee fronte lê: Aan die een kant is die aantasting van die Duvenages se eiendomsreg. Aan die ander kant is die feit dat die afdwinging daarvan die plakkers se reg op huisvesting sal aantas. "Om hulle te verskuif, is geen oplossing nie. Hulle sal moet aanbly totdat ander maatreëls getref kan word. Daar kan ook nie van Modderklip (die Duvenages) verwag word om sonder vergoeding die staat se grondwetlike plig te dra deur grond vir sowat 40 000 mense beskikbaar te stel nie."

Harms kom tot die gevolgtrekking dat skadevergoeding vir die aantasting van grondwetlike regte die enigste oplossing is.

"Deur die staat te beveel om skadevergoeding aan Modderklip te betaal, kan die besetters aanbly waar hulle is, terwyl (die Duvenages) vergoed word vir wat hulle verloor het. Die staat wen ook deurdat hy nie alternatiewe grond beskikbaar hoef te stel nie," lui die uitspraak.

Die volgende tameletjie wat regsverteenwoordigers van die onderskeie partye nou onder mekaar moet uitwerk, is die berekening van dié skadevergoeding. Harms gelas 'n ondersoek om die omvang te bepaal, maar dui nie aan of dit byvoorbeeld produksieverliese moet insluit, en of dit op gebruiks- of markwaarde gegrond moet wees nie.

Me. Annelize Crosby van die regspan wat namens Agri SA in die appélverhoor opgetree het, voorspel dat die berekening van die skadevergoeding 'n "interessante oefening" gaan wees.

Duvenage sê hul verliese die afgelope vier jaar behels veel meer as net die besette grond en hul produksieverliese daarop. Hul omliggende oeste word voortdurend deur hongeriges in die plakkerkamp gestroop.

Duvenage verwelkom die uitspraak omdat dit die eerste keer werklike riglyne vir 'n uiteindelike oplossing gee, "maar 'n mens sal moet sien wat hiervan kom," sê hy.

'n Derde is onwettige immigrante

Die besetting van Modderklip, naby Benoni, het in Mei 2000 begin nadat die plaaslike munisipaliteit sowat 400 inwoners van die nabygeleë Chris Hani-plakkerbuurt, langs Daveyton, uitgesit het.

Teen Oktober 2000 was daar sowat 18 000 plakkers op die plaas. Dié getal het tot 'n beraamde 40 000 toegeneem, van wie 'n derde onwettige immigrante. Die nedersetting staan deesdae as die Gabon-plakkerbuurt bekend. Dit het strate, die erwe is meestal omhein en genommer, en daar is winkels. Daar is geen ander dienste as put-toilette nie, en water word klaarblyklik uit 'n enkele kraan getap.

Die Appèlhof het in sy uitspraak in die Modderklip-saak gelas dat:

  • Die Regering die Modderklip-boerdery en die plakkers se grondwetlike regte aangetas het deur nie alternatiewe woongrond vir die besetters te voorsien nie.
  • Die Departement van Landbou en Grondsake skadevergoeding aan die Modderklip-boerdery moet betaal vir die besette grond. Dit moet kragtens riglyne in die Wet op Onteiening bereken word.
  • Die plakkers mag aanbly totdat die Regering alternatiewe grond aan hulle beskikbaar gestel het.

    As die partye nie oor die die skadevergoeding ooreen kan kom nie, kan hulle by die hof om leiding aansoek doen.

    Die Minister van Landbou en Grondsake moet die Modderklip-boerdery se appèlkoste betaal.

    18 Junie 2004

  • 0
     
     
    • 1342 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boerepatente by Nampo
    • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Speenkalwers: Ford praat oor prys
    • Oorskietmielies en fyngemaalde hoenderoorblyfsels in hoendervoer
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction