Mynbou 'vernietig landbou'

 

Landbou in die hele gebied van Lephalale tot by Mussina gaan vernietig word indien grootskaalse ontwikkelingsprojekte wat daar beplan word, voortgaan, waarsku dr. Wilhelm Schack, voorsitter van die Waterberg-omgewingsbewaringskomitee.

Hy sê projekte wat reeds gelys is, sluit in die Mokolo en Krokodil-wes wateraanvullingsprojek, die Eskom-Makopane integrasieprojek, verskeie eskom substasie-ontwikkelings, 'n steenkool- en metaanprojek op die Springbokvlakte en verskeie ander myn- en prospekteringsplanne.

Schack sê dit is belangrik dat boerderygemeenskappe die invloed van dié aktiwiteite en die besoedeling van 'n multi-nasionale rivier soos die Limpopo in hul bedrywe moet verreken.

19 Mei 2009

0