|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Die navorsing oor hoe grond goedkoper en vinniger vir grondhervormingsdoeleindes bekom kan word, sal binnekort aan die Kabinet voorgelê word.
Die Regering het begin kyk na ander opsies vir grondaankope omdat die beginsel van gewillige koper en verkoper volgens die staat nie doeltreffend genoeg is nie.
Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die Demokratiese Alliansie, aangedui dat nadat die Kabinet die verslag oor die studie goedgekeur het daar met belanghebbendes beraadslaag sal word.
Plaaslike en internasionale akademici, konsultante in die landbousektor, boere in sekere gebiede, waardeerders, eiendomsagentskappe en ander kenners op die gebied van landbougrond by die proses betrek is, sê hy.
Lees ook:
18 Maart 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)