|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
'n Plaas van meer as 2 350 ha
in Limpopo wat op 11 Januarie
deur me. Lulu Xingwana,
Minister van Landbou en
Grondsake, onteien gaan word,
was drie jaar gelede 'n vrywillige
verkooptransaksie.
Nadat die eienaars die staat
se aanbod daarvoor in 2004 aanvaar
het, het die Grondeisekommissie
egter nooit weer van hom
laat hoor nie. Talle navrae oor die
transaksie is bloot geïgnoreer, sê
dr. Theo de Jager, voorsitter van
Agri SA se grondsakekomitee.
Die Regering gaan die uitvoer-
sitrusplaas Callais onteien
waarvoor die eienaars drie
jaar gelede 'n aanbod van
R13 361 000 aanvaar het. Sedertdien
het egter niks gebeur nie en
nou wil die staat nie in ag neem
dat grondpryse intussen met
rasse skrede gestyg het nie.
Die grond lê wes van Hoedspruit
en is reeds in April 2004
vir 'n restitusie-eis gewaardeer.
Die grondeienaars het teen einde
2004 'n aanbod van net meer
as R13,3 miljoen van die Regering
gekry en dit in Desember
2004 aanvaar. "Daarna het hulle
niks weer van die Grondeisekommissie
gehoor nie," het De
Jager gesê.
Nou, drie jaar later, weier die
Regering om in ag te neem dat
grondpryse intussen gestyg het
en gaan hy die grond onteien
omdat 'n "dooiepunt" bereik
is oor die prys vir Callais. Die
likwidateurs eis R19 miljoen.
Die boerdery is intussen
bankrot omdat geen ontwikkeling
kon plaasvind nie.
Om die boedel afgehandel te
kry, sou 'n veiling van die grond
in Oktober verlede jaar gehou
word. Daar was groot belangstelling
en die grond sou na
verwagting meer as R19 miljoen
behaal. Op die vooraand
van die veiling is dit met 'n interdik
deur die Grondeisekommissie
gekeer.
Landbouweekblad, 11 Januarie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24