|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Die Regering beoog om die Onteieningswet weer aan die Parlement voor te lê om grondhervorming te vergemaklik deur onteiening van plase toe te laat indien onderhandlings om die grond te bekom onsuksesvol is, luidens ‘n berig van News24.com.
Dié wet is verlede jaar aan die Parlement voorgelê, maar is onttrek nadat opposisiepartye, burgerregtegroepe en landbou-organisasies voorgehou het dat die wet teen die land se Grondwet indruis.
“Die Ministers van Landelike Ontwikkeling en Openbare Werke is besig om besprekings weer te begin sodat die wet vir debat en verhore aan die Parlement voorgelê kan word. Ons het nog nie ‘n skedule vir dié proses nie,” sê mnr. Tozi Gwanya, direkteur-generaal van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.
Gwanya het bygevoeg dat die Regering nie maklik sy doel om 30% van alle landbougrond teen 2014 in swart besit te sien sal vervul nie. Begrotingsbeperkings is een van die grootste redes vir dié stand van sake, sê hy. “Ons sal die datum dalk moet verskuif. Party van ons mik na 2025, maar die kwessie word nog bespreek.”
Volgens Gwanya het die Regering al 5,2 miljoen ha van sowat 24 miljoen ha landbougrond wat vir herverdeling geoormerk is, aan swart eienaars oorhandig.
Bron:
News24.com
9 Oktober 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Hoe gemaak as die grond wat alreeds aan die mense verskaf is nie ekonomies ontgin word nie? Die 30% wat dan aan hulle sou gegee word is dan verlore wat voedsel aan betref. Sou dit tred hou met aanwassing of anders gestel sal die 70% wat oor is genoeg voedsel kan voorsien vir die mense van die land? Wat van van droogtes van of natuurrampe wat voorsiening kan benadeel. Ek is bevrees die grondwet is nie veel meer werd as die papier waarop dit geskryf is nie.
My voorstel is met respek dat die betrokke organisasies hierbo na verwys, en enige ander relevante organisasie wat hierby betrek kan word, gebruik word om die mees intense vorm van beswaar moontlik teen die beoogde wetgewing aan te teken.
Die Regering daag letterlik die grondwetlike regte van elke landsburger uit. 'n Goeie Regering beskerm die regte van sy burgers en minag dit beslis nie. Ook is 'n Grondwet se waardes sekerlik nie iets waaraan ligtelik geraak word nie. Dit beinvloed nie net die regte van huidige burgers nie, maar ook dié van kinders en kleinkinders. As ons nie die binnegoed het om ons eie regte te beskerm nie, kan ons dit gerus vir ons nageslag doen. Ek sou ook dink dis die verantwoordelikheid van die lede van die regering wat so met hierdie stuk wetgewing hardloop, teenoor hulle nageslag.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)