Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Grondhervorming / Plastieknet-teen-erosie-ingespan

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Plastieknet teen erosie ingespan

 

Berekeninge toon dat 17 miljoen ha landbougrond in Suid-Afrika deur gronderosie bedreig word. Die provinsies wat die kwaaiste deurloop, is Limpopo, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Gebreide netmateriaal wat in myne gebruik word, word nou teen erosie ingespan.

Die department van landbou in Limpopo, die SA Nasionale Weermag (SANW) se afdeling omgewingsdienste, en Alnet, 'n vervaardiger van skadunet, het onlangs met proewe begin om gronderosie op 'n goedkoop, eenvoudige en vinnige manier te bekamp.

Die eerste proewe is by 'n opleidingsterrein van die Weermag noordwes van Naboomspruit gedoen, terwyl die departement ook tien plase en twee ander gebiede in die provinsie vir verdere toetse geïdentifiseer het.

Die proewe spruit voort uit die gebruik van gebreide netmateriaal om tonnels in myne te stabiliseer. Volgens mnr. Anton de Villiers, mynspesialis van Alnet, word die plastiekagtige gebreide poli-etileenmateriaal sedert 1974 in myne gebruik om slik op te vang.

"Die nette word gespan en vol slik gepomp. Dit hou die slik agter, maar laat die water deur. Die feit dat die net water deurlaat en alle ander materiaal terughou, het ons laat besef dit kan ook help om gronderosie te bekamp as dit onder meer grond, gras en klip terughou."

Die eerste proef by die Weermag se Sterkrivier-opleidingsterrein behels die rehabilitasie van twee dongas wat oor 'n wye gebied uitgespoel het.

In die eerste donga, wat ongeveer 100 m lank, 8 m breed en op sy diepste sowat 1,5 m is, is versperrings elke 10 m tot 15 m met ingeplante teerpale en ou motorbuitebande opgerig. Die netmateriaal, ook bekend as T65-materiaal, is oor die bande gedrapeer en in die bodem van die donga ingegrawe en met grond bedek.

Sowat 5 000 l water is in die donga gepomp, en nadat die water deur die net gevloei het, is spoelgrond van sowat 200 mm diep deur die net teruggehou.

In die tweede donga, wat plek-plek sowat vier meter diep is, word sandgevulde materiaalslope gebruik om die water te stuit.

"Veral hierdie metode is vol belofte," sê mnr. Ben Greeff, die provinsie Limpopo se adjunk-bestuurder van landbou in die distrik Waterberg. "Die sakke wat uit die netmateriaal gemaak word, kan gevul word met materiaal wat in die omgewing beskikbaar is. As daar nie klip is nie, kan net sand ook gebruik word.

"In die proewe op die verskillende plase gaan ons met sand en turfgrond toetse op verskillende hoogtes doen en grassade byvoeg. Die wortelstelsels wat ontwikkel, kan help om die strukture te verstewig."

Mnr. Greeff sê vanweë die hoë koste om erosie te bekamp, kon die probleem nog nooit behoorlik in gemeenskaplike weidinggebiede (kommunale gebiede) aandag kry nie.

"Die eenvoud van hierdie metode maak my opgewonde. Al die tekortkomings van die standaardmetodes word hier ondervang. Dit kan vinnig en net met hande-arbeid gedoen word, dit kos min, en as dit werk, kan dit enigiemand in staat stel om erosie te bekamp."

Hy sê hulle wil ander materiaal, soos Bidum, 'n tipe kombersmateriaal wat water deurlaat en grond terughou, op dieselfde terrein beproef sodat "appels met appels" vergelyk kan word. "Bidum is die filtermateriaal wat geredelik gebruik word met die bou van kleiner erosiestrukture en dit is belangrik dat die T65-materiaal se funksionele en kostedoeltreffendheid met dié van Bidum vergelyk kan word."

Draadmandjies wat met klippe gevul is en wat al jare lank gebruik word, werk goed, maar is duur en tydrowend. "Daarom wil ons hierdie konsep in die reënseisoen met behulp van verskillende konstruksiemetodes toets."

Hy sê sodra verskillende soorte versperrings met die net opgerig en getoets is, sal kosteberamings gedoen en 'n handleiding vir boere en ander grondgebruikers opgestel word.

Lt. Anélle Human, 'n grondkundige van die Weermag se direktoraat omgewingsdienste, sê die proefneming by Sterkrivier is 'n uitstekende geleentheid om te sien of die konsep ook op ander weermagterreine toegepas kan word. Daar is reeds 'n projek-offisier aangestel om met soortgelyke proewe in KwaZulu-Natal en die Vrystaat te begin.

"Die groot voordeel van die net is dat dit water deurlaat, maar takke, gronddeeltjies en grassade terughou - en dit is terselftertyd ook bekostigbaar."

Mnr. De Villiers sê die T65-materiaal is uiters bekostigbaar en in groot hoeveelhede beskikbaar. Die standaardrolle se grootte is 50 m x 1,95 m, en die standaardsakke is 1 m x 1,4 m groot.


Lesers wat meer inligting wil hê, kan in verbinding tree met mnr. Ben Greeff by tel. 014 717 5238, of mnr. Piet Herselman by tel. 011 316 2019.

8 November
2002

0
 
 
  • 2223 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Pioneer-wenners deel uit
  • Agri-Toerisme
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction