Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Grondhervorming / Sa-op-zim-pad-cfu

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

SA is op Zim-pad - CFU

 
Deur ALANI JANEKE
Herfs, Tarkastad. Foto: THEUNS BOTHA
Herfs, Tarkastad. Foto: THEUNS BOTHA

Suid-Afrika kan ‘n tweede Zimbabwe word, sê die Zimbabwe Commercial Farmers’ Union.

Dié unie se voorsitter, mnr. Deon Theron, sê dié unie is veral bekommerd oor die uitsprake deur mnr. Julius Malema, voorsitter van die ANC Jeugliga, ander plaaslike politici en die Regering se stilte daaroor.

Thereon het met landbou.com gesels tydens die jaarlikse kongres van die Suider-Afrikaanse Konfederasie van Landbou-unies (Sacau).

“Dís waar alles in Zimbabwe begin het. Daar was mense wat die hele tyd omstrede uitsprake gemaak het, en die regering het hulle nie gestop en hulself nie sterk daarteen uitgespreek nie. Die SA Regering het die geleentheid om uit Zimbabwe se foute te leer, maar dit lyk nie of hulle dit ter harte neem nie,” sê Theron.

Hy sê egter die feit dat die SA Regering steeds met boere gesels is ‘n pluspunt.

Sal sake moet heroorweeg
Theron meen dat die SA Regering baie sake sal moet heroorweeg om ‘n tweede Zimbabwe-situasie te keer. “Hy gaan van dit wat hulle sê en doen, moet heroorweeg en veral iets doen aan korrupsie. Ek het ook vrae oor die grond van onproduktiewe opkomende boere wat teruggevat word,” sê hy.

Volgens Theron loop frustrasie onder Zimbabwese boere hoog. Hy sê sowat 150 van die kommersiële boere het tans regsake teen hulle omdat hulle steeds op hul grond boer. “Daar is slegs sowat 300 kommersiële boere in die land oor, en die helfte van hulle word deur regsoptrede bedreig.”

Theron sê voordat dinge in Zimbabwe begin skeef loop het, het die land sowat 4 500 kommersiële boere gehad. Sowat 20 van dié boere het hulle lewens weens die geweld in die land verloor. “Baie van die boere het van hulle diere en besittings na hulle vriende se plase gevat en boer tans net oor naweke.

Theron sê hy is egter hoopvol dat die huidige situasie sal omdraai en dat die land weer sal groei. “As die politiek net kan stabiliseer en ons ‘n goeie regering aan bewind kan kry. Ons en só baie ander lande en instansies wag daarvoor.”

29 Maart 2010
 

4.77778
 
 
  • 2836 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Oom Joe 
30 Mar 2010 07:23

Goeie dag alle medeboere en grondeienaars,
My mening is dat dit tyd is dat ons moet saamstaan en die ANC uitsprake aggresief teenstaan.Ek is ook van mening dat ons met die ontevrede inwoners van die townships woongebiede saamwerk in hul protesoptogte, so ook die belastinbetaler verenigings wat self dienste lewer in sekere dorpe.
Dit is reg dat die landbou unies met die regering gesprek voer-dit moet gedoen word.Dit is ook reg dat Afri forum die ANC op regsgronde aanvat-en wen!.
Maar ek kan absoluut geen rede sien waarom ek die plaas wat ons self gekoop het, sonder subsisides en self betaal het met ses dae werk teen 12 ure per dag-aan die stelende ANC moet afstaan nie.
Die tyd het aangebreek om vir snotkop Malema en sy ANC senior ondersteuners te laat weet.My familie is al vir 300 jaar plus hier en ek het geen voorneme om my grondvrywillig aan die staat af te staan nie.
Ek voel baie sterk dat ons moet ophou met die hansie-jammer-gat -houding en in geen onseker taal laat verstaan hoe baie van ons voel nie.Dit het absoluut niks met rassisme te doen nie-bloot oor wat reg en verkeerd is.
Johan Willemse.Bloemfontein (terloops Bloemfontein is begin op een van my voorouers se plase)
Groete

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Volstruisbedryf raak desperaat
  • Bokke
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction