|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Na maande se gesukkel het mnr. Hennie Wolmarans, ‘n groenteboer naby Brits in Noordwes, uiteindelik sy geld by die Grondeisekommissie ontvang. Sy plaas is as deel van die restitusieproses deur die Regering bekom, maar betaling het gesloer, luidens ‘n berig van Business Day.
Die kommissie moes Wolmarans na ‘n hofbevel van die Grondeisehof in September betaal, maar het vanweë ‘n vermeende tekort aan geld nie dié verantwoordelikheid nagekom nie. Die kommissie sê hy kan uitstaande verpligtinge ter waarde van sowat R10 miljard aan grondeienaars en –eisers nie nakom nie. Boonop is eisers meegedeel dat alle grondaankope gevries is tot meer geld gevind kan word. Sowat R8,8 miljard se toelae vir grond wat reeds oorhandig is sal ook nie betaal word nie.
Wolmarans en sy regsverteenwoordiger, mnr. Kerneels Lourens, het besluit om verdere stappe teen die staat te neem om vergoeding vir sy grond te verseker. Hulle het voortgegaan met ‘n beslagleggingsbevel, wat beteken dat enige beweegbare eiendom van die staat op beslag gelê kan word en verkoop kan word om uitstaande skuld te vereffen.
Die implikasie is dat ander boere in dieselfde bootjie ook dalk beslagleggingsbevele kan toepas om hul betaling te ontvang.
Bron:
Business Day
4 Desember 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ons woon in KZN Utrech op 'n klein stukkie grond (21h) wat onder 'n restitisie eis val. Na vele onderhandelings en vergaderings het ons 'n offer gekry (wat ek nie eers 'n huis in die dorp kan koop nie) het ons maar aanvaar, want ons het nie die geld om die saak te baklei in die hof nie. 'n Hele paar ander boere onder dieselfde eis het saam met ons gaan teken by die selfde persoon wat die grondeise handteer in Newcastle. Die verkoops kontrakte is by 2 prokureurs indeel. 2 kontrakte is by een prokureur ingehandig en die res by 'n ander prokureur (die prokureurs is deur die staat aangewys). Die ander eise wat baie meer geld was is afgehandel en ons ander 2 se eise sloer nou nog onder die mantel van die staat het nie geld nie. Ons uitbetaling is so min, maar tog kan 'n mens nie aangaan met jou lewe nie. Jy sit en wag wat dit raak nie die mense wat daarmee werk nie. Ons het ons plaas nou klaar betaal en moet die akte oordra op ons naam, maar volgens die prokureurs kan hulle dit nie nou doen nie en wag ook nog steeds op die staats se brief om se daar is geld beskikbaar. Wat kan ons doen??? Wat as daar nou iets met ons gebeur. Wie kan help en waar kan ons antwoorde kry?
Ons regering wil werk skep vir almal, maar al wat gebeur in hierdie klein dorpies met die grondeise is dat al meer mense sonder werk sit en al minder geleenthede. Het iemand al ooit 'n studie gemaak van hoeveel mense nou sonder werk is as gevolg van die grondeise. Sien die regering nie wat aangaan nie? Hulle vergroot net die elende op die platteland!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)