|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Die Regering is vasberade om sy mikpunt te behaal om 30% van Suid-Afrika se landbougrond teen 2014 in swart hande te plaas, sê mnr. Thozi Gwanya, Direkteur-generaal van Grondsake.
Hy erken dat daar uitdagings is, maar sê dat 4,8 miljoen ha reeds aan swart mense uitgedeel is, luidens 'n berig in Sake24.
"Al word dié mikpunt môre behaal, is daar steeds bykomende kwessie, soos eiendomsreg, ondersteuning en landelike ontwikkeling, wat 'n langtermynverbintenis van die Regering verg," sê hy. Die mikpunt sal ook nie sonder beraadslaging oor beleidshersiening aangepas word nie.
Dr. Kraai van Niekerk, DA-woordvoerder oor die landbou, meen die 30%-syfer is nie op navorsing gegrond nie, maar is "uit die lug gegryp". Hy sê ook daar is nie projekbeplanning gedoen om die mikpunt te behaal nie.
Bron:
Sake24
6 November 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24