Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Bedryfsake / Grondhervorming / Staat-willoos-met-grondaankope

Nuus

Gemengde verwagtinge oor mielie-oes

Terwyl Graan SA reken dat die mielie-oes dalk groter kan wees as wat verwag is, sê sommige boere hul oeste lyk slegter as wat hulle verwag het.

  • Hoenders in haglike toestande ontstel
  • Sterk groei in suiweluitvoer
  • Te min mentors kniehalter kleinboere
  • Boer dodelik siek aan hondsdolheid
  • Nampo-gangers twiet vir die vale
  • Boerepatente bobaas by Nampo
  • Tina wil landboutrusts nie los
meer...

Lekkerlees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Dinsdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:22 C
  • Laag:10 C
  • Woensdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:48

Kaapstad

Bygewerk:22 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die regte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Staat 'willoos met grondaankope'

 

Die Regering se eie onvermoë om grond te koop wat boere vir hom aanbied, gee aanleiding gegee tot die drakoniese onteieningwet, sê mnr. André Botha, voorsitter van Agri Gauteng.

Botha sê in 'n nuusverklaring dit is vir hom duidelik dat die uitdagings ten opsigte van grondhervorming waarmee die Regering en die georganiseerde landbou worstel, niks te doen het met die aankoop van hoë-potensiaal landbougrond of die vryemarkprys van grond nie.

In Gauteng is grond aan die Regering gebied en in die meeste gevalle was die pryse aanvaarbaar vir die grondeienaars. Die werklike probleme het te doen met die Regering se kapasiteit om te presteer en dit kan nie reggestel word deur drakoniese onteieningswetgewing nie - die toepassing daarvan sal net die werklike probleme vererger. "Ons kan die uitdagings hanteer sonder drakoniese maatreëls, deur die werklike probleme te identifiseer en aan te spreek," het Botha gesê.

Agri Gauteng werk sedert 2005 nou saam met die Departement van Grondsake in Gauteng om hoë potensiaal-landbougrond te bekom. Gedurende die eerste jaar van samewerking het die Departement van Grondsake sy doelwit bereik en sy begroting vir grondaankope met 143% oorspandeer. Gebaseer op dié sukses, het boere vertroue in die Regering gekry en 'n goeie werksverhouding het tussen boere en amptenare ontwikkel.

Agri Gauteng het 'n databasis saamgestel van beskikbare plase vir aankoop deur die Regering, waarvan 127 gewaardeer is, as ekonomies lewensvatbaar vir die doel om nuwe boere suksesvol te vestig. Hierdie plase verteenwoordig 46 000 ha hoëpotensiaal landbougrond en is beskikbaar gestel aan Gauteng se departement van grondsake (DLA) vir herverdeling in 2007.

Ondanks vergaderings met die adjunk direkteur-generaal van die DLA in 2007, en daarna weer in Februarie 2008, is slegs sewe van daardie plase tot dusver oorgedra. Van die lewensvatbaarheidsverslae wat die Gautengse departement van landbou, bewaring en omgewingsake (GDACE) moes voorsien, is 71 nog uitstaande. Waardasies is deur geregistreerde waardeerders gedoen, maar die Regering faal om aanbiedinge vir die gewaardeerde grond te doen.

Boere wag tot nege maande vir 'n aanbod op die grond wat vir grondhervorming aangebied is. 'n Produksieseisoen het verlore gegaan en plase lê onbenut terwyl boere wat in die proses betrokke is inkomste verloor het. Hulle verloor vertroue in die Regering se vermoë om vordering te maak met grondhervorming. Dit is duidelik die Regering se eie onvermoë wat aanleiding gegee het tot die drakoniese onteieningswetgewing.

Indien die Regering sê dat boere nie wil saamwerk om grondhervorming te bevorder nie, praat iemand nie die waarheid nie. "Dit is my ondervinding dat boere nie net gewillig is om grond in die mark te plaas nie, maar verwelkom ook nuwe boere as 'n integrale deel van die gemeenskap. Nuwe boere ontvang ook geen bystand van die Regering in die navestigingsperiode nie. Dit is die bestaande kommersiële boere en Agri besighede wat verseker dat nuwe boere 'n begin kan maak met 'n nuwe lewe," sê Botha.

Volgens Botha besef die die georganiseerde landbou dat 'n goeie onteieningswet 'n waardevolle meganisme is om sekere probleme te hanteer. In die geval van grondhervormingsprojekte, het Agri Gauteng egter reeds 'n vennootskap met die regering aangegaan en hulle het saam werkbare modelle ontwikkel om te help met suksesvolle grondhervorming.

"Agri Gauteng het ook met die Departement van Grondsake en munisipaliteite vergader oor landbougrond vir dorpsgemeenskappe. Boerderymodelle is ontwikkel vir vleis- en melkbeeste. Agri Gauteng het die samewerking van bydryfsorganisasies en private besighede verkry om die gemeenskap te ondersteun met die saamstel van besigheidsplanne, markte en finansiering. Daar is vir drie jaar geworstel met die kwessie, maar nie 'n enkele hektaar is tot nou toe oorgedra aan mense van dorpsgemeenskappe nie," sê Botha.

25 Junie 2008

0
 
 
  • 1953 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boerepatente by Nampo
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Boerbok begin
  • Re: Indrukwekkende donderweer op Sondag 04-12-2011 om 18:58
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction