|
|
|
| Bygewerk: | 22 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Meganismes is nodig wat vertroue sal skep sodat grondeienaars plase vir grondhervorming in Namibië sal aanbied.
Die grondkomitee van die Namibiese Landbou-unie (NLU) het vergader met die voorsitter van die unie, mnr. Ryno van der Merwe vergader. Hierdie komitee kom jaarliks bymekaar om die grondhervormingsproses te analiseer en te besin oor die betrokkenheid van die NLU by hierdie proses.
Die NLU skryf in sy weeklikse nuusbrief hy is deurlopend besig om na voorstelle te kyk vir voorlegging aan die inisterie van grondsake ter ondersteuning van 'n volhoubare en suksesvolle grondhervormingsbeleid in Namibië. Deel van hierdie voorstelle is 'n model waarvolgens plase gekategoriseer word ooreenkomstig die konsensus besluite van die 1991 Grondkonferensie.
Die doel hiervan is om grondeienaars en die regering behulpsaam te wees met die kategorisering van plase gebasseer op eienaarskap, ekonomiese aktiwiteite, grootte en aanwesigheid op grond en met wie die regering kan onderhandel vir die verkgryging van plase vir die grondhervormingsproses.
Tans is sowat 1 300 plase met 'n totale oppervlakte van ongeveer 6 miljoen ha reeds volgens die verskillende programme oorgedra aan voorheen benadeelde boere. Hiervan maak die kliënte van AgriBank die grootste gedeelte uit met ongeveer 755 plase, die hervestigings program met 275 plase en 271 plase wat deur middel van ander middele deur voorheen benadeelde boere bekom is.
Die NLU is tans aktief betrokke by opleiding van die opkomende boere in die fynere kunsies van kommersiële boerdery praktyke deur middel van opleidings programme en 'n mentor skema wat deur die Opkomende Boere Ondersteuningsprogram aangebied word.
Die NLU het weereens sy beleid ter ondersteuning van die gewillige koper/gewillige verkoper herbevestig. Beleggings vertroue in Afrika word baie keer gemeet aan die sukses van grondhervormings programme. Die beleid van gewillige koper/gewillige verkoper in die landbou sektor is een van die instrumente wat daartoe aanleiding gee dat beleggers ook bereid is om in ander sektore van die ekonomie te belê. Grondhervorming behels egter ook nie net 'n herverdeling van grond nie, maar moet ook ekonomies volhoubare produksie verseker, armoede verlig, werk skep en voedselsekuriteit waarborg.
Die huidige grondpryse is 'n aanduiding dat daar 'n vraag na landbou grond is en die regering word aangemoedig om markverwante pryse te betaal ten einde plase te bekom vir die grondhervormings proses.
Die komitee het besluit dat:
22 Februarie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24