'Wys korrupte grond-sake uit'

 
Grondtransaksies. Foto: THEUNS BOTHA
Grondtransaksies. Foto: THEUNS BOTHA

 As grond professioneel waardeer was en behoorlike moniteringsmeganismes in plek was, sou dit nie moontlik wees vir korrupte grondtransaksies om deur te glip nie, sê me. Annelize Crosby, Agri SA se parlementêre verteenwoordiger en raadgewer rakende regs- en grondsake.

Crosby het tydens ‘n werkswinkel wat deur Agri Oos-Kaap by Queenstown aangebied is, gesê daar moet volgehou word om verkeerde opvattings oor boerdery, grond, en grondpryse reg te stel. “Ons moet ook korrupte grondtransaksies ontbloot wanneer dit onder ons aandag kom.”

Grondpryse opgestoot
Grond wat teen veel hoër as markwaarde bekom word skep ook probleme. Crosby het gesê daar is verskeie verkeerde opvattings oor grondhervorming en grondpryse, wat die debat rondom onteiening en grondpryse aanvuur. 

“Daar is onder meer ‘n siening dat die grond van swart mense gesteel is, dat grond rykdom is, dat kommersiële boere nie vir die grond betaal het nie, en dat om te boer ‘n maklike manier van lewe is. Die werklike rede is dat sekere verwagtinge wat by grondloses geskep is die probleem is. Beloftes is gemaak oor grond en behuising, insluitende landbougrond,” het Crosby gesê.

12 Maart 2010

 

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.