Deur JAN BEZUIDENHOUT
7 Junie 2012

2001 keer gelees | 3 kommentaar

'n Maklike program om rekord in boerdery by te hou, is nou beskikbaar.


PROMOSIE-ARTIKEL:
Die entrepreneur wat die program aanbied, mnr. Herman Bredenkamp, sê die funksies vir die inlees van finansiële data in dié program is só opgestel dat enige persoon, ook diegene wat geen boekhou- of rekeningkundige agtergrond en ondervinding het nie, dit met gemak sal kan hanteer.

Bredenkamp sê die meet-eenheid in enige besigheid is rand en sent - daarom is dit uiters noodsaaklik dat elke rand en sent wat bestee en ontvang word, onder die korrekte vertakking toegedeel word.

Sy onderneming, www.farmmanagement.co.za  het al dié funksies, sodat wanneer finansiële data ingelees word, dit regstreeks onder die korrekte vertakking en waar nodig die item(s) in die vertakking gekoppel word.

Koste-implikasies van werk gedoen
By lone/salarisse word, met die insleutel van ure gewerk, verlof en siekverlof, die rand-sent-koste vir die betrokke werker ook gewys. Die boer is dus onmiddellik bewus van die koste-implikasie van die werk wat gedoen is. Uit die verslag oor ‘n  werker, kan neigings ook maklik geïdentifiseer word.

Die BTW-verslag se betrokke tydperke kan geselekteer word en dit vertoon in die SAID-formaat. Die liters diesel wat nodig is vir die eis van die dieselrabat, word outomaties bereken vanaf die pos-inskrywings.

Die hoofredes vir die gebruik van die internet as basis is:
* Volgehoue ondersteuning en hulp is vir ons baie belangrik. Die internet het al die funksies om dit doeltreffend te onderhou.
* Gebruikers het nie nodig om enige rugsteun te doen nie. Wanneer ‘n  rekenaar gesteel word of foutief raak, vervang die gebruiker dit net en gaan aan van waar hy/sy was.
* Hoewel die huidige program voorsiening maak vir alles, kan wysigings van tyd tot tyd nodig wees. Met al die verskillende sagte- en hardeware beskikbaar is die internet die beste en goedkoopste metode om sulke wysigings vinnig en korrek by gebruikers te kry.
* Die funksies van farmmanagement is ook via iPads toeganklik. 

Navrae:
Herman Bredenkamp
www.farmmanagement.co.za
Selfoon: 082 899 9856   


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Pieter

2012/08/27 09:48:39 PM

Dit klink na 'n interessante stelsel en sal graag dit wou uitprobeer. Vir 'n webgebasseerde sisteem is dit net hartseer dat daar nie eers 'n voorbeeld is wat wat 'n mens kan verwag nie en daar is nie eers 'n epos adres nie van 'n kontak persoon nie. Indien te min informasie gegee word voel dit of 'n mens blindelings in 'n ding inbeweeg. Selfs 'n gratis toetsperiode sal mens meer gerus laat voel. Ek bookmark die webblad om later weer daarna te kyk vir bietjie breer informasie. Verskoon maar as ek skepties is.


janbez

2012/08/28 09:20:41 AM

Pieter, Die artikel is geplaas as 'n diens aan Herman. Kontak hom gerus op sy selfoon om te hoor of jy 'n toets-tydperk kan beding. Groete Jan Bez


Herman

2012/08/30 08:49:57 AM

Pieter ek help jou graag met 'n demo. Kontak of sms my asseblief sodat ons 'n tyd na 7nm enige aand kan vasmaak. Ek skakel jou dan op jou landlyn, gee jou die login en password van die toets/demo deel, verduidelik die funksies en wys jou 'n paar van die verslae wat beskikbaar is. Jy kan dan vir 3 dae op die sisteem ingaan, dit deur kyk, posterings maak, ens. Met so 'n demo en in die 3 dae kan jy ook oordeel of die telefoniese ondersteuning wat ek gee jou behoeftes 110% bevredig. My kontak nommer is 0828999856. Ek wag op jou oproep/sms. Jan baie dankie ook vir jou kommentaar. Groete Herman

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights