Deur JAN BEZUIDENHOUT
15 Junie 2012

1320 keer gelees | 0 kommentaar

Sowat 90% van die saaiboere in Argentinië pas die praktyk van geenbewerking toe – en glad nie om dowe neute nie.


Die voordele wat geenbewerking vir saaiboere in Argentinië inhou, is onder meer beter opbrengste, laer produksiekoste en die opbou van die grondstatus. Dít is geld in enige boer se immer platter-wordende beursie.

 

bied einde Augustus ’n toer na Argentinië aan om meer oor die praktyk van geenbewerking te leer. Dit is die vierde landboutoer wat LBW na dié groot graanproduserende land onderneem. Landbouweekblad

 

Die toer val saam met met die Springbokke se Vier Nasie-rugbytoets teen die Pumas, en toerlede sal dié toets in die stad Mendoza bywoon.

 

Toerdatum is einde Augustus – gou spring

Die toerdatums is van Vrydag, 24 Augustus, tot Sondag, 2 September. Die toer vertrek uit Johannesburg na Buenos Aires waar toerlede die Vrydagnag oornag. Hul vlieg die Saterdagoggend na Mendoza, om die rugbytoets by te woon.

 

’n aanbieding doen oor die voordele wat graanboere in dié land uit die praktyke vind, asook wenke oor die toepassing van die praktyke. Op sowat 90% van die plase in Argentinië word geenbewerking toegepas en dié organisasie speel ’n belangrike rol om voortdurend verbeterde metodes vir boere te skep.Argentynse GeenbewerkingsorganisasieDie werk-gedeelte van die toer begin die Maandag in San Luis, waar die

 

vervaardig, is by die reisplan ingesluit, sowel as ’n besoek aan ’n navorsingstasie om op die hoogte te kom met die werk wat Argentynse kundiges oor geenbewerking doen.planters vir geenbewerking, een van die voorste fabrieke wat PierobonToerlede besoek daarna verskeie plase, wat soortgelyke klimaatsomstandighede as dié in Suid-Afrika ondervind.

 

Afrikaanssprekende toerleier en tolk

Die toer word met die samewerking van Boland Travel in die Paarl gereël, en in Argentinië tref mnr. Hendrik Jordaan van Laurik International alle reëlings. Hy is ook die toerleier en tolk.

 

om die volledige toerprogram te lees en vir die toerprys. Laurik International en Boland Travel Besoek die webwerwe van

 

corporate1@bolandtravel.netNavrae: Yolanda Barkhuizen, Boland Travel, 021 872 1582 of

 janbez@landbou.comof Jan Bezuidenhout by   landbou@laurik.com.arHendrik Jordaan:


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights