Menu
 


20 November 2012

4164 keer gelees | 9 kommentaar

Plaaswerkers se omstandighede en vergoeding is 'n vuurwarm besprekingspunt. Ons kyk hoe sake werklik lyk.


Die minimum loon is as die hoofrede vir die protesoptrede aangevoer. Die huidige minimum loon van R69,42 per dag geld van 1 Maart 2012 tot 28 Februarie 2013. Die minimum loon val onder die Wet op Basiese Diensvoorwaardes wat die Minister van Arbeid die reg gee om minimum vergoeding en basiese diensvoorwaardes vir kwesbare sektore daar te stel, soos vir huishulpe en plaaswerkers. Die sektorale vasstelling dui die minimum loon aan wat mense in ’n bepaalde sektor betaal moett word.

Wat kry werkers?
Volgens resultate van 307 etiekoudits wat deur mnr. Mike Wilson, bestuurder van SAI Global Assurance Services Africa, voorsien is, lyk die situasie as volg:

*77% van vrugteboere in die Wes-Kaap betaal hul werkers meer as die minimum loon.

*20% betaal hul werkers die minimum loon.

*Net 3% betaal hul werkers minder as die minimum loon.

*40% betaal bonusse bo en behalwe die lone.

Benewens regstreekse vergoeding ontvang werkers ook die volgende voordele:

*74% van die boere voorsien gratis vervoer aan werkers.

*47% voorsien gratis huisvesting.

*47% voorsien opleiding- en ontwikkelingsprogramme aan werkers buite werksverband.

*43% voorsien gratis of gesubsidieerde elektrisiteit.

*37% voorsien kleuterskole aan werkers se kinders.

*27% borg sportgeriewe en -klere.

*23% voorsien mediese hulp in verskillende vorms.

*13% subsidieer begrafnisdienste vir hul werkers.

Die minimum loon is nie van toepassing op alle permanente werkers nie. Trekkerdrywers, vragmotorbestuurders en werkswinkelpersoneel verdien reeds meer as R150 per dag.

Kan boere meer betaal?
Lone op Wes-Kaapse vrugteplase maak 20% tot 45% van die produksiekoste uit. As dit verdubbel, sal boere definitief meer meganiseer, wat outomaties tot werksverliese gaan lei. Me. Elza Jordaan van die Hexvallei- tafeldruifasossiasie sê boere kan nie lone van R150 per dag bekostig nie.

’n Verdubbeling van lone beteken bankrotskap, sê sy. Mnr. Rico Basson, uitvoerende hoof van Vinpro, meen ook die looneise is onrealisties. Die gemiddelde vergoeding, wat normaalweg ’n voorsorgfonds, werkloosheidsversekering, medies, rantsoene, ongevalle/ vergoedingskommissaris en bonusse insluit, is R5 272/ha vir permanente werkers op wynplase.

Vir ’n 40 ha-plaas met agt permanente werkers beteken dit dus R210 880 per jaar, oftewel R2 197 per werker per maand. “Dit is moeilik om die situasie met seisoenwerkers te bepaal. Uit ons opname blyk dit dat boere gemiddeld 20% tot 40% meer as die minimum loon betaal.”

Wat dink jy is 'n regverdige minimum loon? Lig jou mening hier.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


BOER

2012/11/20 02:56:43 PM

Skei die lone vir seisoenwerkers en plaas werkers in die sektorale wet vir plaaswerkers. Seisoen werkers het meer basiese koste as permanente plaaswerkers.Behou die minimum loon vir plaaswerkers soos dit is, want soos ons sien kry hulle ver meer voordele as seisoen werkers. Definieer wat 'n seisoen werker is en pas sy vergoeding dienooreenkomstig aan na bv R80 of R90 per dag. Dan wil ek ook graag my mening lig oor die persone wat so kommentaar lewer oor lone ens. As jy nie self 'n boer is nie hou jou komentaar vir jouself want jy het nie 'n clue hoe die dinamika ens van besoldiging op plase werk nie. Ons as boere betaal wat ons kan bekostig want ons is prysnemers en nie prysmakers nie.Ek werk nou net uit dat die komissie wat 'n markagent van my aftrek vir boksie nektariens op 18% te staan kom. My vervoer na die mark is R700 per 260 boksies/pallet. Verkoeling is R180.00 per palet van 260 boksies. Daai boksie kos my R6.08c en dan moet ek arbeid en spuitkoste en besproiing ook aftrek. Wat kry ek 'n boksie waarvan al die koste afgetrek moet word....gemid R23.42c. My wyndruiwe het ons die afgelope paar jaar gemid 2 tot 4% verhoging gehad per ton. die kelner se fooitjie is meer as as wat ek kry vir daai bottel wyn. En dan moet ek nog 18 tot 24 maande wag vir my geld. Dan wil die plaaswerkers 'n 116% verhoging he op lone. Al wat ek kan se DREAM ON. Hier kom moerse werkloosheid.


Naomi le Roux

2012/11/20 05:18:14 PM

Ek stem daarvoor dat die werker die bestaande loon moet kry... siende dat hulle al die voordele kry wat daarmee gepaard gaan soos: Gratis water en ligte... ekstra kos deur die maand... ’n huis wat die Boer voor belasting betaal... gratis begrafnis- en dokter-voordele. Gratis vervoer deur die Boer na en van die dorp, dokter, hospitaal ens. Waarmee ek nie saam stem nie is dat die leenstelsel waar geld aan die werker geleen word... afgestel word. Die werkers maak skuld deur die maand en verwag dat jy as Boer hulle daardeur sal dra en geld voorskiet. Dan... aan die end van die maand dan is hulle kwaad as jy al die geleende geld aftrek... dan leen hulle weer geld. ’n Bose kringloop en die Boer is die een wat aan die kortste end trek.


Johan willemse

2012/11/20 07:29:04 PM

Ek stem saam met boer. Ons werkers kry kontant heelwat meer as minimum loon. Ons geegratis behuising en krag . Ons gee elke week kospakkie. Ons betaal al die sogenaamde wetlike aftrekings . Ons betaal doktersbesoeke en koopmedisyne. Betaal self begrafnispolisse, onm lenings uit te skakel. Hul werk net 40 ure per week.om goeie redes is Saterdag nie meer weksdag nie.kry vol een maand kontant as bonus in Desember. Kry meerverlof as voorgeskrewe om familie probleme uit te sorteer. Dan nog, het ons vir hulle huis in Boshabelo voorsien, want die staat voorsien nie, sonder lening betalings! Ek daag stadswerkvoorsieners om dieselfde te doen vir hul ongeskoolde werkers! So nie bly stil asb. Dan ook diegene wat nie kan sien waarmee die Anc/sakp/cosatu besig is om die land met leuens te destabiliseer nie, is imbisiele!


Nico vd Merwe

2012/11/21 05:36:03 PM

Ek is nie 'n boer nie, maar is wèl 'n denkende persoon: "As iemand wat vir my werk, toelaat dat iemand anders (opstokers) sy toekoms (wingerde, pakstore, trekkers..) aan die brand steek - of dit onder aanhitsing self uitbrand - sal hy/sy nooit weer op enige van my eiendom werk kry nie. Meganisasie sovèr moontlik en die res doen ek met beskaafde mense." As dit opswepers was, dan is dit die werker se plig om sy inkomste (boer se eiendom) te help beskerm. Lone kan slegs onderhandel word. Dis soos 'n demokrasie vir 'n groot deel van ons bevolking werk: As die loon binne die wet is en die werker sien nie daarvoor kans nie, onderhandel. As dit nie werk nie, soek ander werk, want jy het nie 'n saak nie. Ter versagting: ek is 'n baby-boomer - gebore net na WOII - ons huldig nog effe "snaakse" werksetiek. Sterkte boere en arbeiders - die jakkalse is in jul wingerde.


2012/11/23 11:31:50 AM

Ons het ook seisoen werkers jy kan nie almal die heel jaar aanhou daar is net sekere tye, sekere vereistes veral met sagte vrugte. Ons het 'n plasie met 15000 perske bome, jou jaarlikse inset koste veral met diesel, kunsmis wat amper 500% opis is dit moeilik by te hou, indien die minimum loon vir seisoen werkers teen R150, inkom sny ons al die bome uit, en plant gras baie minder kopseer en dan verloor ongeveer 120 local seisoen werkers in die area werk hul addisionele inkomste van 5 maande, gewoonlik die vroue van ander plaaswerkers in die area


Wessie Riversdal

2012/11/23 12:47:08 PM

Die minimum loon moes nooit ingestel gewees het nie. Hoeveel derduisende werkers het nie hulle werk al verloor agv min lone nie ? Betaal n werker wat hy vir jou werd is. In my geval is dit ver verby minimum loon. Indien n werker nie met jou aanbod saamstem nie kan hy maar aanstap....moet net nie onredelik wees nie. Watter ander industrie word geforseer om verblyfreg te gee, n groot gemors wat eintlik aan die regering behoort ! Watter ander bedryf in die land voorsien huise, krag en water ? Hierdie dinge word altyd vir gemaks ontwil uit die prentjie gelaat. Die hele regeringsbeleid is deurmekaar. Dis al. Wat doen Tina vir die landbou ? Net blink skoentjies en rondrits.


Kantman

2012/11/23 06:34:28 PM

Dit is vir my verstommend dat die regering wat so klem lê op "WERK SKEPPING" maar eintlik die vlieg in sy eie salf is. Die maklikste is betaal hulle die R150/dag loon wat hulle soek! So maklik soos dit!! Dan as jy nou daar is dan begin jy so stadigaan die helpende hand toemaak. Geen gratis medies nie, geen extra verlof. No work no pay. Geen gratis krag nie, geen geld leen deur die maand nie(wat ek lankal in my besigheid toepas) Want as jy mos die geld aftrek wat hy jou skuld dan is jy die grootste vark in die verhaal. Maar toe hy jou nodig het of gehad het was jy goed en jou geld se kleur reg vir hom! Daar sal altyd sekere dele in die landbou wees wat erg arbeids intensief is. Maar daar waar die masjien die mens kan vervang glo ek dit gaan gebeur! Die hele ding gaagaan net so boemerang in die gesig van die 3 venoot alliansie!


Magriet meiring

2012/11/24 06:28:58 PM

Ek kan niks se oor die loongeskille nie, want ek boer nie. Al wat ek weet is dat daar sekere finansiele reels bestaan soos in enige besigheid. Ek was vandag by die chinese mark in Jhb. Ek se julle daardie klein mensies is fluks, vinnig en vriendelik. Die wereld skuld hulle niks!!!! Om geld te verdien, moet mens jouself kan bewys. Gee boere nog KOS EN BLYPLEK? Neeee. Dan het mens nie baie om oor te kla nie!!!! Waarom meganiseer boere nie meer nie?....


Willem

2013/07/11 04:05:17 PM

Magriet, sekere vertakkings in die landbou kan net tot op n punt meganiseer soos bv. vrugteboere. Die vars vrug moet met die hand geoes word. Ver die meeste boere gee wel blyplek en baie ander voordele. Kom ek se jou Magriet: Ek boer met 300 ha vrugte en gee seisoentyd(6 maande) 300 mense werk (bepaal self die afhanklikes)waarvan 75 mense permanent in diens is met blyplek vir almal op my eiendomme. So seker as die son daar skyn kan vrugteboere nie die verhogings op alle terreine absorbeer nie. Afsaag , hout maak en dan beeste injaag is baie boere se voorland. Totsiens werkskepping en voedselsekerheid - asof die Regering ooit ernstig was met bg.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Tuli's se Elite-koei

    Mnr. Hennie Eksteen van die distrik Malmesbury se Tuli-beeste benut die marginale gronde op sy plaas uitstekend.

  • Die Angus-ras se Elite-koei

    Mnr. Chris Purdon van Cathcart se Angus-beeste het hom die afgelope 30 jaar deur dik en dun gedra.

  • Elite-koei by Bonsmaras

    Mnr. Philip Dreyer van Memel is bekend onder sy tydgenote as ’n teler wat die vermoë het om diere se teelvermoë raak te sien.

  • Nguni's se Elite-koei

    Die Nguni-teler, mnr. Ben Fyfer van Vryburg, se beeste vaar besonder goed in die streek wat as SA se Texas bekend staan.